15 April - 21 jaar vantevore
Hierdie boonste stukkie is agter in die dagboek waar ek iets oor elke kampplek geskryf het. Die "geensins romanties" het niks met romanse te doen nie, dit gaan oor die volslae afwesigheid van enige romantiek (veral na die romantieke rit tot hier).
Maar eers die dagboek, dan die dagboek leesbaar oorgetik, dan die herbesoek.
Hierdie boonste stukkie is agter in die dagboek waar ek iets oor elke kampplek geskryf het. Die "geensins romanties" het niks met romanse te doen nie, dit gaan oor die volslae afwesigheid van enige romantiek (veral na die romantieke rit tot hier).
Maar eers die dagboek, dan die dagboek leesbaar oorgetik, dan die herbesoek.
Dis twee dae en twee biere later, en ek kan klaar nie onthou hoe die dag verloop het nie. O. ja! On s het vroeg opgestaan en vir oulaas gebad. Ek het my groen kouse, twee sweetpkbroeke (sweetpak en pajams) + slap-top en sweater aangetrek. (Ek weet want ek het dit, vandag, 3 dae later vir die eerstre keer eers uitgetrek.)
Ons het ‘n
motorhuur gekies die naaste aan die buitewyke van London. William het ons gaan
aflaai en elkeen ‘n Toblerone gegee. (Nogal sweet van hom.) Die plek gou gekry,
én die kar – ‘n piepklein Peugot Clio (1200), so oulike wittetjie.
Ek het die
twyfelagtige voorreg om haar uit die stad te bestuur – ‘n nagmerrie, maar ek
doen dit eerder voordat ek agter die kaart inklim. Die spoedbeperking is 30 myl
per uur as daar straatligte in die dorp se strate is, so nie 40 myl per uur.
Buite is dit 60 myl per uur as daar so y teken is. Op die high ways is dit 70
m/uur.
Die hoofweg self
het niks opspraakwekkend opgelewer nie – dis maar soos by ons. Die oomblik toe
ons egter van die pad afdraai, is dit ‘n ander storie. Hedges links en regs van
die pad, small paaie en die allerlieflikste, atmosferiese dorpies soos ek my
dit voorgestel het uit boeke. My jeugherinneringe aan Enid Blyton se boeke kan
op enige van hierdie dorpies afgespeel het.
Ek sal nou lankal
nie meer die eerste dorpie onthou waardeur ons gegaan het nie – Esmari behoort
die hele roete op die kaart aangeteken te hê – maar dit herinner aan
Karoo-dorpies soos Sutherland omdat dit plek-plek so is dat die huise reg op
die straat gebou is. (Verder is daar natuurlik geen, maar geen, ooreenkoms met
ʼn Karoo-dorpie nie.)
Besoek nommer 1
is, nee, nie ʼn kasteel nie, maar Stradford, Stratfod Upon Avon – ja daar is
meer as een spelwyse vir die naam. Ek het deur die loop van die besoek seker
vier verskillende spellings opgetel.
Ons besoek hier
die geboorteplek van Shakespeare en gaan na die kerkie waar hy begrawe is. Ek
koop hier vir my ʼn kruisie as aandenking. (Wat ek egter van die kerkie wil
onthou is die begraafplaas en die bome en die atmosfeer van die kerk en
dorpie.)
Ja Sytadford is
“touristified” maar dit is ʼn lieflike plek. Die winkeltjies en geboutjies is
uit ʼn prenteboek. Ons besoek nie een van die vele aanloklike restaurante nie,
maar gaan na die goedkoopste plek toe – ʼn Fish & Chips winkel waar ek
lag-lag die lekkerste vis kry sedert dié op Hermanus, of van my en Karien, laas
toe ons die Cederberg gestap het.
Ek onthou ʼn brass rubbing plek langs die rivier.
Ek onthou ʼn brass rubbing plek langs die rivier.
Uit die museum
wil ek onthou “Good night, sleep tight.” “Tight” verwys hier na die bed se toue
wat styf gebind is. “Mattress” (matras) is ook afgelei van die bed. Dit verwys
na die gevelgde mat warop jy dan nou ge-“rest” het.
Ek mag seker
nooit vergeet dat ek vir £5-00 (R25-00) gestaan en kyk het na ʼn 2 uur en
20 minute produksie van Macbeth , aangebied deur die Royal Shakespeare Company
nie. Dit is ʼn lieflike, moderne teater langs die ou, antieke een. Met staanplek,
wat al plek is waarvoor ons bereid was om te betaal. (Ek sou meer betaal, maar
dit sou onregverdig wees teenoor Esmari.)
Ek sal nie sê dit was die
opwindendste produksie van Macbeth wat ek al gesien het nie. Dit was baie
gestroop. (22 spelers “all in all”) maar daar is in ʼn groot mate gesteun op die
spelers en hul spel – geen fancy foefies en sulke dinge nie – niks spectacular
nie – niks moderns nie. Die stuk het vir my verbasend stil verloop – dink maar
aan die dood van die koning, die moord op die vroue en kinders – maar dit het
nie gepla nie.
Vandaar is ons ½
11 kampplek toe om vir die eerste keer ons ou tentjie op te slaan. Die
wind het vreeslik gewaai en dit was ©͌ϐϑжф koud, maar ek dink ek en Es het dit
in 10 minute gedoen, toe is ons in die bed.
My matras het gelek en ek moes hom
weggooi. Ek glo ek het kouer omstandighede in ʼn tent ervaar – Kalahari Gemsbok
Park – maar ek het daar nie naastenby so koud gekry soos hierdie eerste nag van
ons nie.
15 April 21 jaar verder
Kan jy glo – ek het
gaan loer of daar so iets op YOUTUBE is, en daar is! Iemand het inderdaad ʼn video-opname
van sy rit tussen Londen en Stratford-Upon-Avon gemaak. Ook nie net een siel
nie, daar is meer as een opname beskikbaar.
Ek het die begin
van elkeen gekyk, maar gou besef dit gaan my nostalgiese gemoed geensins
bevredig nie.
Google-maps stel
een van drie moontlike roetes vanaf ons blyplek by William Baxter voor en ek het
hulle straatvlakaansig vir ʼn oomblik oorweeg, maar ook daarteen besluit. Ek wil
nie dat die werklikheid van 21 jaar later tussen my en my herinneringe kom
staan nie.
Toe loop soek ek
prentjies en ek plak elkeen wat iets van my onthou iewers in om het, in my
plakboek.
En dit was
heerlik – ek weet ek het tien-teen-een landskappe en paaie in dele van
Engeland, Skotland én Ierland geplak waar ons beslis nie was nie, en ek in my
lewe nooit sál kom nie, Maar wat maak dit saak? Dis hoe ek dit onthou.
Ek het in ʼn stadium
amper ʼn foto van ʼn Toskaanse vista ook gestoor, dis eers toe ek die webwerf
waar die foto gebruik word, besoek, dat ek lees ek kuier nou in Toskane. Ek het
toe maar verby gehou, maar tot die gevolgtrekking gekom dat sekere dele van die
Italiaanse landskap, merkwaardige ooreenkomste met die Britse platteland tussen
Londen en Stratford-Upon-Avon inhou.
Die plakboek wat
ek gemaak het, is by verre die plakboek wat ek nog die meeste geniet het van
almal wat ek tot op datum gemaak het. A trip down Memory Lane (asof dit die
naam van die pad na Shakespeare se geboorteplek is) in die letterlike én
figuurlike sin van die woord.
My Stratford-Upon-Avon-album
was nét so lekker. Ek noem in die dagboek van destyds, dat die plek baie “touristified”
is – die propperse Engelse mense, sien ek, gebruik die woord “touristification”.
21 jaar later is
dit nog meer so. Selfs toe ek na die kerk waar Willem Wikkelspies begrawe is,
se webwerf wil gaan, toe is dit gelaai op stratford-upon-avon.org se webadres.
Dieselfde met die bekende “brass rubbing”-plekkie direk langs die rivier. Die
skakel neem jou deur na stratford-upon-avon.org se skakel- en bemarkingsbald
waar die skakelbeampte in die korrekte bemarkinsgtaal en met die regte
invalshoek jou alles vertel wat hy of sy reken jy behoort te weet. Heel aan die
einde van die artikel is daar dan ʼn woordjie waarop jy kan kliek om na die plek
se eie webwerf geneem te word.
Ek was seker die
eerste een in baie jare wat op die woordjie gedruk het om deur geskakel te word
na die plek se eie, eerlike webwerf. Toe kom ek agter die skakel werk nie, die
skakel werk, maar nie die plek se webwerf nie, dis asof nog onder konstruksie.
Maar waarom sal jy ook nou moeite met ʼn eie webwerf doen as die magtige masjien
van die toeristebedryf jou alles reeds in die mond gelê het wat hulle dink
rondom jou gesê moet word.
Op daardie punt
wip ek my toe vir die hele dorp en besluit om toeriste-plakboek van elke
poskaart wat ek van die plek kan opspoor te maak en stratford-upon-avon.org vir
die res van verdere verblyf te boikot.
En toe word ook
dít ʼn heerlike kuier – die dorp is al vir jare ʼn toeriste-mekka met honderde
poskaarte oor baie jare heen.
Ek ontdek
plekkies wat ons as fisiese besoekers aan die dorp nooit by uitgekom het nie –
selfs die huis van sy ma op ʼn omliggende gehuggie. Deesdae reken party outjies
die mense het die verkeerde huis as die tannie se huis beet, maar
stratford-upon-avon.org gaan beslis nie toelaat dat die werklikheid tussen
hulle en hope geld kom staan nie.
Ek weet regtig
nie watter een van die twee albums ek die sterkste aanbeveel nie – die pad na
die dorp toe, of die dorp self nie.
Miskien is dit
nie een van dié wonderlike twee nie, maar ʼn derde een wat met ons toer onder
die son niks te doen het nie.
Vandat ons
Klaradyn hier voor sy skool toe is, die eerste keer Natalse suidkus toe geneem
het, loer ek elke keer by elke kafeetjie en winkeltjie is wat lyk of hulle dalk
hierdie poskaarte kan verkoop wat in my kinderdae so deel van die kusdorpies
was – tekenprentjies, stoute tekenprentjies (dalk nie stout nie, maar
stouterig.) Ek was so klein gewees dat die meeste van die humor oor my kop
gegaan het, en toe ek begin verstaan het, het ek maar gemaak of ek nie regtig
verstaan nie.
Ek weet nie wie
van die ouer garde onthou nog hierdie poskaarte nie.
My soeke na
Stratford-Upon-Avon-poskaarte kry my toe by die Britte se weergawe van my
Margate-. Ramsgate- en Uvongo-poskaarte uit. En toe ek klaar het met die
Stratford-album, toe kom ek agter dat ek amper net soveel van “naughty seaside
postcards” (dis wat die pommies dit noem) gestoor het, as van die groot
toeriste-aantreklikheid. Loer daar ook in as jy wil – dit bring lieflike
herinneringe terug.
Ek het op sowat
40 foto’s afgekom van ons produksie van Macbeth wat ons destyds gesien het,
maar selfs nadat ek met die fotograaf in gesprek getree het, het hy laat weet
ek mag dit nie in my plakboek plak nie. So ek gee maar weer eens ʼn skakel na
die man se eie plakboek toe. Lieflike foto’s, maar op die ou einde seker net ek
en Esmari wat daarna sal wil kyk.
Ek is spyt dat ek
nie die naam van ons kampeerplek aangeteken het nie – Esmari sou, ek weet, sy
het tien teen nog die kwitansie ook, maar ek wil haar nie opjaag om in haar
goed te gaan krap nie. Die plek sal hierdie ronde dan maar in kop bly. Ons het
ounag daar aangekom en is in die donker die volgende daar weg. (By wyse van
spreke, so goed soos “in die donker”). Kyk ek na die prentjie in my dagboek,
dan lei ek af dit was ʼn entjie uit die dorp uit.
Ek het agter in
my dagboek ʼn paragrafie aan elke kampeerplek afgestaan. (Iets om te doen as jy
op ʼn oornagtrein ry, ure op ʼn stasie vir die trein wag.) Ek het dié vanoggend
eers gaan soek en gesien dat ek destyds dáár aangeteken het, wat ek vandag nog
die sterkste van ons besoek onthou:
Hulle het elektriese haardroërs in die badkamers gehad, en ek onthou hoe
ek myself met hierdie haardroërs warm geblaas het.
Kom kuier verder
in prentjies, kiekies en skakels:
(Ek dink ek gaan ophou om enige prentjies hier te plak - ek moes die bladsye so opstel dat die dagboekbladsye leesbaar kan inpas. Ander, kleiner foto's lyk nou potsierlik op die wye blad, en pas dit in die wydte, is dit belaglik groot.
Pinterest: die pad (As ek moeg word vir die lewe in die stad...) |
Pinterest: Stratford-Upon-Avon-poskaarte |
Pinterest: Naughty seaside postcards |
Macbeth (1993 en 1994 deur die Royal Shakespeare Company) |
Pinterest: Alles van hierdie dag wat nie poskaart of pad is nie |
Royal Shakespeare Company se webwerf |
Video (kort) oor
Shakespearse se huise
Shakespearse se huise
Video (kort) oor
Stratford-Upon-Avon (geen gepraat)
Stratford-Upon-Avon (geen gepraat)
By nadere ondersoek wil dit voorkom asof die kerk stratford-upon-avon.org gekies het (slim derduiwels), en dis hoekom ek daar uitgekom het - maar die ander outjies wat die meeste aan die een of ander toeristeblad uitverkoop het, staan.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking