5 April 1994 sit ek en Esmari af Europa toe.
Ons land 23 Julie weer op Suid-Afrikaanse bodem.
Tussen die datums lê drie en ‘n half maande in ʼn tent en uit ʼn rugsak – 'n broek aan die bas en 'n broek in die tas; 'n paar stapstewels aan die voete en 'n paar plakkies tussen die ander goete.
Ek het van elke dag dagboek gehou – dikwels eers ʼn week later, maar darem.
Daardie dagboek, wat ek die oggend waarop ek hierdie blog registreer het, vir die eerste keer in al die jare weer oopgemaak en in begin lees het, is die vertrekpunt van dit wat ek op hierdie webadres wil aanvang.
Presies wat dit is, of hoe dit gaan vorm aanneem, weet ek nie.
Ek weet wel ek wil nie die toer alleen maar aan die hand van die dagboek herleef nie - ek wil ook vanuit ‘n kuberhoek, met die rekenaar se muis in my een hand; die dagboek in die ander, herbesoek bring.
Armchair travel, ja, maar eerder computer screen travel.
Dit was 1994, ek was 30 en kommersiële internet het nog nie eers hier by ons bestaan nie. My eerste bewuswording van iets soos ʼn selfoon (iets waarop Suid-Afrika nog 'n jaarlank moes wag) was af in die pad van die Spaanse Trappe in Rome.
Dis by einste Spaanse Trappe dat ek op die sypaadjie met my voete op die plaveisel gesit het, toe die vreemdeling langs my se sigaret, die een wat hy eenkant toe geskiet het sonder om dit dood te druk, ʼn gat in my broek gebrand het.
Die ander skade wat my denimbroek opgedoen het (ek is met net dié één denim langbroek - maar darem twee kortes ook - fort) was toe ek iewers in Denemarke teen 'n houtheining waarvan die verf nog nat was, geleun het.
Waar en wanneer presies dít was, weet ek nie. (Maar dis juis mos hoekom ek die blog begin!)
Watter van die baie haltes op ons reis, sal ek opnuut, hierdie keer vanuit die spreekwoordelike leunstoel kan opspoor?
Baie dinge het in 21 jaar verander. Ek ook.
Baie dinge het in daardie drie en ʼn half maande verander – ons is weg met die NP so soorts van aan stuur van sake, en ons het terug gekom met die ANC in die stoel.
Vir my was die eerste opvallende verandering wat die ANC gebring het, om rooi verfstrepe op sekere plekke langs die pad te maak waar ek al die jare net geel geken het.
Ek ry vandag nog minstens 5 keer ʼn week die stuk pad waar ek destyds die eerste keer van daardie rooi strepe op die pad geverf gesien het, tóé was dit op pad huis toe van die lughawe af.
Dis 21 jaar waarin ek steeds nie daar verby ry, sonder om elke keer, terug te dink aan daardie eerste gewaarwording nie.
Skielik onthou ek nou ook dat ek my hand gebreek het voor ek ʼn minuut lank terug in my eie huis was. Ek het by die voordeur ingekom, met die trappe op gehardloop na my kamder toe, op die trappe geval en my hand gebreek.En dís presies wat ek wil doen – ʼn trip down memory lane, maar ook met die onderwater-internetkabels langs, Europa toe en terug.
Ék gaan op die reis, dis my reis dié.
Maar as jy oor my skouer wil loer, op my skouer wil kom sit, is jy meer as welkom.
Neem byvoorbeeld die volgende:
Stertjies en skakels:
Die dag toe ons hier aan die bopunt van die trappe gestaan het (toe ek die eerste keer van selfone bewus geword het) was daar in die pad oorkant die Spaanse plein 'n insident van die een of ander aard wat die polisie en hul voertuie met flitsende ligte en loeiende alarms ingesluit het. Dit het my opgeval met hoeveel oorgawe die Italianers op die sirens reageer - dadelik, almal, soos een man.
Toe ek my gewaarwording met Esmarie deel, is dit presies gewees wat haar ook opgeval het: ons, in Suid-Afrika, destyds, tref lankal nie meer 'n onderskeid tussen 'n sirene en 'n keffertjie se gekef nie, ons vee ons daaraan af - dis 'n alledaagse gebeurtenis. Nie vir die Romeine nie. 'n Geloei het dadelik 'n een en elk se algehele aandag en samewerking.
In my gesoek na 'n foto van die Spaanse trappe, val my oog op die Trevi-fontein hier bo. Dadelik word ek herinner aan iets wat ek deesdae al meer en meer raaklees, en al hoe meer aan eie bas ook voel: 'n Mens moet nie die fout maak om herinnering en feit as een en dieselfde ding te ag nie. As daar een ding is wat nie vertrou kan word nie, dan is dit jou eie grysstof se onthou van gebeure in die verlede.
Toe ek die foto sien, toe is ek skielik oortuig dat dit hier, by Trevi, was, dat my broek 'n sigaretgat ingekry het; dis nie by die verspotte fontein van die oorstroomde boot nie. (Gedagtig aan sy Italiaanse naam, Fontana Barcaccia, is dit seker gepas om eerder van die bark, en nie die boot nie, te praat.)
Verdomp of ek kan onthou of ek 'n geldjie in die fontein by die aansluiting van die drie paaie gegooi het!
Virtuele toere:
Spaanse Trappe
Trevi-fontein (een)
Trevi-fontein (twee)
Wiki-inskrywings:
Spaanse Trappe
Trevi-fontein
Fontana Barcaccia

Spaanse trappe |

Laas was die strepe geel, en toe ons weer daar kom, toe is dit skielik rooi. |
Ek ry vandag nog minstens 5 keer ʼn week die stuk pad waar ek destyds die eerste keer van daardie rooi strepe op die pad geverf gesien het, tóé was dit op pad huis toe van die lughawe af.
Dis 21 jaar waarin ek steeds nie daar verby ry, sonder om elke keer, terug te dink aan daardie eerste gewaarwording nie.
Skielik onthou ek nou ook dat ek my hand gebreek het voor ek ʼn minuut lank terug in my eie huis was. Ek het by die voordeur ingekom, met die trappe op gehardloop na my kamder toe, op die trappe geval en my hand gebreek.En dís presies wat ek wil doen – ʼn trip down memory lane, maar ook met die onderwater-internetkabels langs, Europa toe en terug.
Ék gaan op die reis, dis my reis dié.
Maar as jy oor my skouer wil loer, op my skouer wil kom sit, is jy meer as welkom.
Wees gewaarsku:
- Ek vertel nie iets in 300 woorde, as ek dit in 600 kan vertel nie.
- Ek is lief vir stertjies (danksy chroniese verbale diarree) en skakels (in hierdie geval spesifiek om herbesoek te doen).
Neem byvoorbeeld die volgende:
Stertjies en skakels:
Die dag toe ons hier aan die bopunt van die trappe gestaan het (toe ek die eerste keer van selfone bewus geword het) was daar in die pad oorkant die Spaanse plein 'n insident van die een of ander aard wat die polisie en hul voertuie met flitsende ligte en loeiende alarms ingesluit het. Dit het my opgeval met hoeveel oorgawe die Italianers op die sirens reageer - dadelik, almal, soos een man.
Toe ek my gewaarwording met Esmarie deel, is dit presies gewees wat haar ook opgeval het: ons, in Suid-Afrika, destyds, tref lankal nie meer 'n onderskeid tussen 'n sirene en 'n keffertjie se gekef nie, ons vee ons daaraan af - dis 'n alledaagse gebeurtenis. Nie vir die Romeine nie. 'n Geloei het dadelik 'n een en elk se algehele aandag en samewerking.
In my gesoek na 'n foto van die Spaanse trappe, val my oog op die Trevi-fontein hier bo. Dadelik word ek herinner aan iets wat ek deesdae al meer en meer raaklees, en al hoe meer aan eie bas ook voel: 'n Mens moet nie die fout maak om herinnering en feit as een en dieselfde ding te ag nie. As daar een ding is wat nie vertrou kan word nie, dan is dit jou eie grysstof se onthou van gebeure in die verlede.
Toe ek die foto sien, toe is ek skielik oortuig dat dit hier, by Trevi, was, dat my broek 'n sigaretgat ingekry het; dis nie by die verspotte fontein van die oorstroomde boot nie. (Gedagtig aan sy Italiaanse naam, Fontana Barcaccia, is dit seker gepas om eerder van die bark, en nie die boot nie, te praat.)
Verdomp of ek kan onthou of ek 'n geldjie in die fontein by die aansluiting van die drie paaie gegooi het!
Virtuele toere:
Spaanse Trappe
Trevi-fontein (een)
Trevi-fontein (twee)
Wiki-inskrywings:
Spaanse Trappe
Trevi-fontein
Fontana Barcaccia
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking