21 jaar vantevore (met 'n leesbaarder weergawe aan die einde)
So hier sit ek in Coventry Close 3 iewers in Eastham aan huise van Mnr. Baxter, ʼn tandarts uit SA maar eers ʼn bietjie retrospeksie na gister:
Terugflis van 6 April:
Reisigerswenk no 7: TOER MET EEN BROEK EN EEN HEMP AAN DIE BAS EN EEN BROEK EN EEN HEMP IN DIE TAS. (Ek is 30 kg. Oorgewig – i.e. my tas.)
Reisigerswenk no 8: Hoe om op ʼn y-undergroud te oorleef? As jy in ʼn kompartement instap waar daar ʼn bank oop is, S.T.O.R.M. daarop af, V.A.L. daarop neer – S. P. R. E. I. Jouself oor die bank – G. O. O. I. Jou arms wyd oop , S. K.O.P. jou voete oor die lengte en breedte van die bank en kyk dán eers of daar iemand is wat jy jou bank mee wil deel.
Ek het op Heathrow die fout gemaak om net te gaan sit het. Dis ʼn fout. 3 Spaans-Amerikaanse Engelssprekende vroue en hul 4 spoilt brats val toe op die bank neer soos beskryf hier bo en Esmari moet staan tot in Piccadilly Circus.
Nee, ek lieg – sy moes nie staan tot daar nie – die trein het gaan staan. Ja, glo dit of te nie, maar die twee SA’ers kies die dag uit waarop die Picadilly-lyn, ʼn deel van die Circle-lyn, en bykans alles wat N 1 S beweeg, gaan staan.
(Iemand het blykbaar die gastoevoer afgedraai.) In elk geval – dit was amper chaos: daar laai hulle ons af en sê “vat ʼn bus.” Gelukkig vat ons toe nie ʼn bus nie, want dit was nie eers 4 ure later nie, toe loop die trein weer. (Ja, dit was nie 4 ure nie, dit was nie eers 35 minute nie). Ons ry toe tot op Eastham en met die bus (101) na Mnr. Baxter.
Dis klein – Ek kan nie glo mense bly so klein nie. Dis heerlik vir my en Es, maar om lewenslank in te bly, is buite die kwessie. Dis kleiner as die gemiddelde vakansiewoonstelletjie.
21 jaar verder
Ek kan dit nie glo nie – ek het nie neergeskryf dat ons in ʼn propperse swart London-taxi gery het nie.
Ons het net ʼn adres vir William Baxter gehad. Vanaf die stasie of halte waar die 101-bus ons afgelaai het, kon dit enige rigting en enige afstand wees. Die toerplan met telefoonnommers en adresse was by die huis. Al wat ons kon doen, was om ʼn taxi te neem en te hoop die man ry nie vir ure in sirkels met ons nie.
Dis ook hoekom, al moes ek baie van die trippie gehou het, ek dit glad nie geniet het nie – ek was die hele tyd gespanne oor die meter wat soos ʼn tydbom voor by die drywer afgetik (aangetik?) het. Ek het gewonder of hy draaie met ons ry. Verder het ek, getrou aan my aard, ongemaklik gevoel om met twee moerse rugsakke en stapstewels in die taxi te klim – myne had al twee keer die Visrivier en baie ander rowwe myle agter die rug.
Ja, ek weet dis simpel, maar onthou – ék is simpel. Ek ken Londen-taxi’s net van televisie en flieks. Op geen skerm sien jy ʼn onbeholpene ooit uitasem en ligweg verbouereerd in ʼn huurmotor klim nie. Die aanvallige jong mans en dames wink net ʼn taxi nader en hop in. Nee, ek lieg – die taxi’s trek in nege uit elke tien tonele sommer so vanself voor die afgeronde dames en galante here in.
En dan is Sus en Daan vanaf die Plaas wat ʼn mens laat wonder of hulle nie vir Koeloe die Kalkoen ook iewers in hul bagasie saamsmokkel nie.
Die oomblikke wat ek myself toegelaat het om te ontspan, het ek baie geniet. Ek sal die kinderlik opgewonde gevoel nooit vergeet nie.
Dit is ook die enigste keer wat ek nog ooit van ʼn huurmotor gebruik gemaak het. (Ek is Daan, onthou.)
Ons het by ʼn oudleerling se pa tuisgegaan. Ek kan nie onthou dat hy ʼn wewenaar was nie, hy was seker maar geskei en het baie ver uitgewyk, Londen toe, om dáár dieselfde te doen wat hy hier in Suid-Afrika gedoen het. Hy was/is ʼn tandedokter.
Ek sê “was/is” want ek het hierdie gawe man na die laaste dag in Londen nooit weer gesien, of van gehoor nie.
Dit was vir my heerlik om die huis waar ons tuisgegaan het, op Google Maps op te kon spoor.
Ons het tuisgegaan in die een heel regs |
Ek weet vir ‘n feit hy bly nie meer daar nie – die eiendomsmark in Londen is so ingerig dat jy net nodig het om ʼn adres op die internet in te tik en ʼn hele waardasie met nodige inligting en onlangse geskiedenis van die eiendom vou voor jou oog oop:
Dit werk só:
Zoopla is the UK's most comprehensive property website, focused on empowering users with the resources they need to make better-informed property decisions. We help consumers both find their next home and research the market by combining hundreds of thousands of property listings with market data, local information and community tools.
At Zoopla we are fans of transparency and everything we do is aimed at making the market more efficient for both property consumers and advertisers alike. Zoopla has rapidly become the UK’s leading online destination for property consumers to search for homes and do their market research and the favoured online marketing partner for UK estate agents, letting agents and property developers.
Launched in 2008, Zoopla has since been one of the fastest growing websites in the UK, now attracting over 40 million visits per month and we are proud to have collected numerous awards and accolades along the way, including being named one of the Top 10 UK Tech Companies (Guardian) and one of the Top 10 Most Innovative UK Companies (Smarta)
Van die plekkie wat ons amper twee weke “huis” genoem het, sê hulle, onder andere:
Property details for 3 Coventry Close, London E6 5QT
Terraced house, Freehold, 2 Beds, 1 Bath
Zoopla Estimate: £254,000
Property type: Terraced house | Tenure: Freehold | Last sale: £90,000 | Sale date: 14th Jun 2001
This 2 bed freehold terraced house is located at 3 Coventry Close, London E6 5QT and has an estimated current value of £254,000. Coventry Close, E6 has 14 properties on it with a current average value of £281,195, compared to an average property value of £311,660 for E6. There have been 3 property sales on Coventry Close over the last 5 years with an average sold house price of £210,000 and this terraced house was last sold on 14th Jun 2001 for £90,000. There are currently 151 houses and flats for sale in E6 with an average asking price of £349,364 and 148 properties to rent in E6 with an average asking rent of £365 pw.
Teen ZAR23,43 vir GBP1 kos die tweeslaapkamerplekkie na raming R5 948 680-00. Maar ek weet ʼn mens moenie die prys van huise op hierdie manier uitwerk nie.
Die enigste rede hoekom ek die ZAR/GBP-wisselkoers gaan staan en uitwerk het, was om te kyk hoeveel ek vir ʼn openbaretransportkaart wat 7 dae geldig is, sou moes opdoek. Om vir 7 dae in sones 1 – 3 op en af te kan klim, sou ons 1 Desember 2015 R828-270 uit die sak gejaag het.
Dit is natuurlik onwaarskynlik, die pryse sóú gestyg het, maar gestel nou maar net ʼn 7-dagpas het ons in 1994 ook 38 pond gekos (soos tans die geval is) dan sou ons op 6 April 1994 slegs R198-45 gekos het.
Dat dit baie duurder geword het om te reis, is ʼn feit soos ʼn koei. Vra ek fxtop.com om te kyk hoeveel die ZAR tussen April 1994 en Desember 2015 teenoor die GBP verstewig of verswak het, dan is dit eintlik net verswak. Ek weet hoe betroubaar die plek se somme is nie, daar is seker beter outjies wat dit kan uitwerk, maar vir hierdie leunstoelreisiger is hulle berekeninge indrukwekkend genoeg. Die grafiek wat hulle vir my uitspoeg lyk só:
ZAR teenoor USD lyk nie veel anders nie:
Vra ek einste fxtop.com om die inflasiekoers vir my uit te werk, kán hy so ver terug gaan as 1958, maar ek vra die sompompie om sy blikbrein net met die getalletjies tussen 1 April 1994 en 11 Desember 2015 te doen. Sy antwoord op my vraag is: The equivalent of 100 ZAR on 01/04/1994 is 340.42 ZAR on 11/12/2015.
Uitgespoeg op ʼn grafiek (as ek miskien wil kyk wanneer dit vir my beter, of slegter, sou wees om my rugsak te pak en my geldjies te blaas) lyk die prentjie só:
Maar dit is alles hopeloos te depressing vir ʼn man wat met vakansie is en herbesoek aan die besoekpunte op ʼn oorsese reis van jare gelede wil doen. Ek verander onmiddellik die onderwerp en beweeg oor na laslappies en stertjies.
Laslappies en stertjies
Ek het gewonder watter reisigerswenke daar op die internet vir rugsakreisigers is, en op honderde webwerwe afgekom – die meeste daarvan niks anders as advertensies nie.
Twee interessante dinge wat ek afdraaipaadjies van oorspronklike soektog raakgeloop het, is Couchsurfing en Camp in my Garden.
Laasgenoemde is presies wat die naam impliseer – kampeerplek dwars oor die wêreld in mense se tuine. Ons het dit in 1994 in Praag moes doen. Vandag is daar ʼn netwerk van tuine, selfs in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria wat hier beskikbaar is.
Elkeen van hierdie mikro-kampeerterreine is op die netwerk se webwerf |
Om die draai van waar ons by William tuisgegaan het, is drie sulke tuine (van baie in en om Londen) waar ʼn mens teen 20 pond per persoon per nag kan tent opslaan.
Couchsurfing is anders – dis verniet, en jy slaap nie in die tuin nie, jy slaap in die mense se huis. Hulle slagspreuk lui: Stay with Locals for Free (All over the world).
Ek kyk dalk te veel televisiereekse en flieks om gemaklik met dié idee te wees. As iemand nie geld in ruil vir ʼn diens wil hê nie, wil die persoon, wat my betref, na alle waarskynlikheid iets anders hê. Dit kán bloot geselskap wees, maar dit kan ook wees om einste sofa vir ander dinge in te span.
Daar is gruwelstories, maar talle goeies ook. Christina Canter se bloginskrywing The Ultimate Guide To Couchsurfing het ek enduit gelees en as relatief nugter beleef.
Wat die wenke betref, deel ek net twee outjies sʼn (van die baie meer waarby ek ingeloer het).
Eric Kim en Josh Brownlee |
- Eric Kim is eerste op my lys omdat ek sy wenke duidelik as deurleef beleef. Wat hy deel, is eerstehands en nie geknip en –plak van ander soortgelyke webwerwe nie. En die man is ʼn straatfotograaf wat jolly oulike foto's neem.
- Die ander man op my lysie is Josh Brownlee. My uitgangspunt was nog altyd dat if bou fail to plan, you plan te fail. Maar dis ook net ʼn sot wat homself nie kan toelaat om van sy beplanning af te wyk nie. Hierdie ou dink en redeneer soos ek.
My keuse hier bo is baie ironies - ek weet ek het baie in my dagboek gepraat van "Die Groot A's" (uitgespreek ook as "die groot arse"). Die A staan vir die Amerikaanse toeriste wat die wit waks uit my irriteer het. Die ander nasie oor wie ek amper net so gevoel het soos oor die groot A's, was die oosterlinge - juis oor hulle aldag en heeldag niks anders loop doen het as om foto's te neem nie, tot vervelens toe.
Hierdie Londen-taxi het in 1994 vir die eerste keer diens begin doen. Hy is nou die anderdag eers van die pad gehaal.
Moltreine was destyds nogal 'n aardigheid. Hier is hoe die goed daardie jare van binne gelyk het. |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking