Dag 8 14 April –
21 jaar gelede
ʼn Dag van rus.
Ons het aanvanklik beplan om die kar te kry en deur te skiet Skotland toe.
Slaap toe tot 12-uur. Eet tot 5-uur. Gaan Asda toe. Kom maak kos en luister
Laurika Rauch – gevul met heimwee. Elke dag dink ek huis toe – dis vreemd
lekker.
Veel oor die
rusdag kan ek wragtig nie sê nie, behalwe dat dit lekker was. Nou is ek aan
boord die Koningin Beatrix op pad na Hoek van Holland en ek gaan probeer om die
afgelope drie dae se toer in te haal. Dit is nie lekker om in te haal nie. Die
Heineken wat ek drink kos FL 4-75, dit is net so onder die R9-00 ʼn glas, maar
dis lekker.
Dag 8 14 April –
21 jaar verder
Wat ek die helderste
van hierdie dag onthou, het twee paragrafies dagboek daarvan toe nie gehaal nie
– die wasgoed en hoe die Londenaars geensins daarop kan reken om hul wasgoed buite
in die son op ʼn draad droog te kry nie. Ons wasgoed is deurnag in die
huis/woonstel/meenthuis/troshuis (wat noem ons daai goed waarin die outjies
bly?) se badkamer warm gehou en semidroog gekry – danksy die ingeboude verwarmer.
Ek het ‘n groot deel
van die oggend spandeer om my dagboek op datum te kry – ek was vyf dae agter en
moes inhaal.
Daarom ook dat ek
iewers by dag 4 se aantekening skryf:
“Die volgende dag
(Maandag): Vroeg op. St. Pauls, Tower of
London, MOMI, Dali, Les Miserables.
Dinsdag: Ferrybespreking à Tate Galery, Staachi-versameling, Brixton square
Woensdag: Brittish museum, Books for Cooks, Portobello, Westminster Cathedral, Miss Saigon
Dinsdag: Ferrybespreking à Tate Galery, Staachi-versameling, Brixton square
Woensdag: Brittish museum, Books for Cooks, Portobello, Westminster Cathedral, Miss Saigon
“Die gedagtes
hier bo is maar net om my te herinner aan wat ek/ons alles gedoen het. Ja, ek
het agter geraak, maar vandag, Donderdag, het ons ʼn rusdag, ag ek is so bly, en
nou kan ek rustig my dagboek op datum bring. Daar is twee dinge wat ek graag
vandag sou wou gaan kyk het en dit is die National Theatre Museum en die
Barbican Centrum of Arts, maar nou ja, mens moet seker maar besef jy kan nie by
alles uitkom nie. (Dink aan mense by die huis.)”
Omdat ek hierdie
ronde vanuit ʼn gemaklike stoel, van agter
die rekenaarskerm reis, het ek besluit om nie ʼn rusdag uit te roep nie.
Ek het gaan kyk
watter gasuitstalling ek die vorige Maandag in die Saatchi Galery misgeloop het omdat hulle op Maandae
gesluit is.
Dit kon een van
twee moontlikhede gewees het: óf JENNY SAVILLE óf PAULA REGO.
Paula Rego se "The Sitting" |
Op Paula Rego het
ek dalk in die Saatchi uitgemis, maar ek het haar werk vroeër die week by die
Institute of Contemporary arts leer ken. Haar werk knoop sterk gesprek met my
aan, Jenny sʼn geensins.
Jenny Saville |
Op die ou einde
het ek lekkerder gekuier by ʼn meer onlangse uitstalling daar – dié rondom Coco
Chanel.
Coco Chanel |
Die kuns-, musiek- en
balletskole had vir lank die vak genaamd “Geskiedenis van Literatuur, Teater en
Kostuum”. Ek het dit vir ʼn klompie jare aangebied en Chanel was van tyd tot tyd
een van die ontwerpers waarop in die sillabus gefokus is. So ek het lekker
gekuier, nie net op grond van die onderwerp nie, maar ook die lieflike
aanbieding en inkleding.
Die Pinterest-album het meer met die uitstalling en hoe hulle die rokke aangebied het, te doen, as met die rokke self. Dit was wel vir my heerlik om een van die rokke op 'n foto uit die 1930's op te spoor, terwyl die rok ook op die uitstalling self ook was. (Op die juwele, moet ek bieg, het ek heerlik ingezoom.)
Die Pinterest-album het meer met die uitstalling en hoe hulle die rokke aangebied het, te doen, as met die rokke self. Dit was wel vir my heerlik om een van die rokke op 'n foto uit die 1930's op te spoor, terwyl die rok ook op die uitstalling self ook was. (Op die juwele, moet ek bieg, het ek heerlik ingezoom.)
Die voormalige Teatermuseum |
Wat die
teatermuseum besef, die een waarby ek sou wou uitkom, het ons nie ʼn rusdag
uitgeroep nie, was ek minder gelukkig – dié museum het al ʼn klompie jare gelede
toegemaak. Die inhoud, lei ek af, is deur die Victoria & Albert museum
ingesluk/opgeslurp. Ek het gaan inloer en besef ek sou in 1994 ook maar
teleurgesteld gewees het – bloot omdat ek iets anders verwag het.
Ek het ʼn museum
oor die geskiedenis van teater verwag, die museum was eerder ʼn nasionale museum
oor die Britse teater – ʼn versameling tekste, kostuum- en dekorontwerpe,
dekormodelle, teaterkostuurm en –plakkate.
Toe geniet ek dit
maar deur die tekste wat my pad op universiteit gekruis het in die
museumversameling te gaan soek. Ek het in my eerste jaar by die Grieke, Romeine
en Middeleeue begin en via Commedia dell Arte, Oscar Wilde en enkele ander in
my derde jaar by Tennessee Williams se minder bekende Vieux Carre gestop. En
heerlik besig gebly!
Die Pinterest-album is, soos Lucas Maree gesing het, "bewyse vir die feit dat ek ook daar was" - nie veel meer nie. Gee dit maar 'n skip.
Die Pinterest-album is, soos Lucas Maree gesing het, "bewyse vir die feit dat ek ook daar was" - nie veel meer nie. Gee dit maar 'n skip.
Barbican Centre |
Die Barbican
Centre het ek vanuit alle rigtings benader, maar ek wou nie byt nie, niks het
my “hook, line and sinker” ingetrek nie.
Toe soek ek ʼn ander museum om te besoek.
Daar is ʼn hele
277 van hulle om uit te kies (en dan tel ons nie die 41 wat sedert 1994 nie
meer bestaan nie).
Ek besluit toe op
die Wallace Collection – suiwer omdat ek uitgekuier was aan die al die moderne
goed waaraan ek die afgelope tyd uitgelewer was.
Wallace Collection |
Dis ʼn huismuseum,
maar anders as die meeste huismuseums wat ons ken, is dit nie een waar jy voor
die vertrek se deur met glas of groen tou konfronteer word nie, nee, jy stap in
en beleef die skatte. Niks is agter glas of in kaste nie. As jy iets omstamp
dan is die hel los.
Die museum fokus
op agtiende-eeuse kuns en artefakte, maar onder die sowat 5 500 items is daar
werk vanaf die vyftiende tot negentiende eeu.
Hul bekendste
item is Frans Hals se “Laggende Kavalier”, ʼn 26-jarige man, in 1624 geskilder,
wat nié ʼn kavalier is nie, en ook nie lag nie, maar sedert 1888 al na verwys
word as ʼn laggende kavalier.
Ek het die saamstel van die Pinterest-album baie geniet. Loer gerus. (Die kontrepsie uit die 1700's wat jou eier gekook het terwyl dit allerhande eksotiese geure deur die vertrek gestuur het, het my fassineer.)
Die Laggende kavalier en 'n vriend |
Met die dat ek
verlede week agtergekom het dat ek wel by die Westminster Abdy was, al het ek
nie daarvan in my dagboek vertel nie, het my heerlik aan het rondkrap in dié
kerk ook gehad.
Wat my hier die
meeste en die langste besig gehou het, was die mosaïekvloer wat Henry III in
1268 deur die Cosmati-gesin Rome in die hartjie van die katedraal laat inlê
het. Ja, daardie jare was die kerk ʼn katedraal en nie ʼn abdy nie, dit was tot
en met die hervorming ʼn Rooms-Katolieke katedraal.
Of dit my
voorliefde vir mosaïek is, en of dit belangstelling in die Middeleeue is, sal
ek nie weet nie, feit bly staan, van my herbesoek 21 jaar later, is hierdie
stuk vloer met sy raaisel daarin vasgelê, die hoogtepunt tot op datum.
In 1994 het ons
natuurlik onwetend oor die vloer gestap – dit was vir meer as 100 jaar met ʼn mat
bedek – dink net, ʼn hele generasie Britte het gekom en gegaan sonder dat hulle
ooit die abdy se Cosmati-vloer gesien het!
Hier is die kiekies wat ek op Pinterest gesit het om my later besig te hou.
Hier is die kiekies wat ek op Pinterest gesit het om my later besig te hou.
Daar is so baie waarop 'n mens hier kan fokus - skilderye, die orrel, loodglasvensters, die argitektuur, Poet's Corner. Toe kies ek die vloer, maar na 'n rukkie beweeg die album darem bietjie weg van die vloer.
Daardie deur is inderdaad die eiland se oudste deur wat nog in gebruik is. Die kerk is in 960 gevestig, die deur is darem bietjie jonger, seker maklik 1000 jaar, maar dis steeds horingoud wat deure betref.
Daardie deur is inderdaad die eiland se oudste deur wat nog in gebruik is. Die kerk is in 960 gevestig, die deur is darem bietjie jonger, seker maklik 1000 jaar, maar dis steeds horingoud wat deure betref.
Laslappies en skakels:
Hierdie is geen dokumentêre program oor die Wallace Collection nie, maar presies soos ek daarvan hou - om die gevoel van die plek te kan kry. Die hele video, terloops, is met 'n selfoon verfilm!
Die teikenmark van hierdie video is laerskool- en kinder garten-kinders, maar ek het dit baie geniet, juis omdat dit op die kleintjies gerig en vir hulle ontwikkel is.
Hier dan twee van die baie video's rondom die Cosmati-vloer in die Westminster Abdy.
Barbican (en twee van die ander geboue wat ons tot op datum besoek het) staan, wat argitektuur betref, midde die Brutalisme van die 1950's tot 1970's. Hierdie video wat volg het dit geensins oor Brutalisme of die gebou nie, maar as jy van die jongklomp vergeet en op die omgewing fokus, kan 'n mens die gebou tog waardeer. (Daar is baie wat die geboue van daardie jare em in daardie styl verafsku; ek voel 'n mens moet dit in die tyd waarin dit gebou is, teen die agtergrond van die post-oorlogjare waardeer.)
Ek het die video meer as een keer gekyk, eers vir die gebou, en toe vir die geniet van die atlete se voet- en veerkrag. Ek het ronde een kort-kort gehoop hulle gaan deur die reënkamer ook, maar toe nie.
Ek het die video meer as een keer gekyk, eers vir die gebou, en toe vir die geniet van die atlete se voet- en veerkrag. Ek het ronde een kort-kort gehoop hulle gaan deur die reënkamer ook, maar toe nie.
Loer daarom net vir 'n oomblik by die reënkamer se video ook in - dit het intussen op reis gegaan na ander stede toe.
Mens besef nou eers hoe 'n ongelooflike ervaring dit was lyk dit my. Ek geniet altyd die "Laslappies en Skakels" - en wonder waar jy daaraan kom.
AntwoordVee uit