10 April 1994 - 21 jaar vantevore (met alles leesbaar oorgetik aan die einde)
10 April
[Kerk, Covent Garden-mark, St James park, St Pauls-kerk, Cappuccino en kaaskoek in park, stap na Hyde Park, Speakers corner, House no. 1, South Bank-stap, Piccadilly Circus, Rock Circus, Switserse ete, huis] – ek is nou te moeg om te skryf, ek sal maar more inhaal. (Westminster Abbey gesien)
Dis nou 6-uur, het nou net wakker geword uit ʼn droom. Hoe heerlik om te droom van mense wat jy in jare nie gesien het nie. Oom Cobus (iemand verjaar), Ettienne Nagel wat ek laas op skool gesien het. O, dit was ʼn heerlike droom en mens word met so heerlike gevoel wakker. Ek is so bly ek het nou net wakker geword, anders het ek my droom vergeet. Dink net, ek het elke dag van my lewe sulke wonderlike ervarings, maar ek vergeet dit. Daar was honderde mense op oom Cobus se plaas vir iemand se verjaarsdag. Jacques, atleet van die skool, was ook daar – hy sou vir ons braai. Ons, ek en twee ander, het ook in ʼn plaasdam geswem. As ek ʼn surrealsitiese kunstenaar was, sou ek die toneel wou onthou en daaruit put vir ʼn skildery. Ek onthou een deel nie, en dit is vir my vreeslik.
Kom ons kom nou eers by gister uit. Ons het laat opgestaan. William het wors en eiers gemaak. Daarna is ons met die kar in na SUID-AFRIKA HUIS op Trafalgar vir die erediens. Glo my SA het ʼn “prime posy” in Londen.
Die rit na die SA-huis was heerlik. Ons het tussen die Docklands deurgery. Baie sirkels en net 2 of 3 robotte.
Die erediens was wraggies in Engels omdat die Ds. In SA met vakansie is. Die diens was in die Odeon, ʼn klein teatertjie in die kompleks. (Die uitstalling is maar pateties.) (Pierneef en die klas van ding is mooi, maar o, wee, die modelle van die stede en industrieë is nie ʼn goeie advertensie nie.)
Ek dink die gebou sal pragtig lyk as hulle hom ʼn KwaNdebele-look gee. Die Odeon self, hulle praat ook van die kinema, het ek gedink kan regtig maar vernuwe word, en as die land onder ʼn nuwe regering staan, sal iets etnies regtig nogal die ding doen.
Toe het ons vir die res van die dag gestap. Vinnig en vêr. En lekker!
Ons is eers Covent Garden toe na die vlooimark (with a difference). Baie gemors, baie kamstige antiques, maar ook baie mooi en oulike goed. As ek nie so suinig was nie, sou ek baie geld kon uitgee. (Dis nie dat ek suinig is nie, dit is dat ek nie geld het om uit te gee nie.)
Vandaar is ons na St James Park (O, ja, ek het my eerste foto geneem in die St Pauls Church – nie die cathedral nie). Dit was die wonderlikste binnetuintjie met groen en bloeisels en omtrent niks mense nie. Ons stap deur ʼn pragtige St James park waar die tulpe nou op hul mooiste is, drink koffie en eet kaaskoek. Op na die fonteine voor Buckingham-paleis, waar Q Vic se watervalbeeld staan.
Vandaar “skiet” (William se sêding) ons toe deur na Hyde Park – in besonder Speakers Corner. Ek wou daar twee uur deurbring, of liefs elke dag ʼn ½ uur. Daar is net drie temas: godsdiens, sekes en rassisme. Hier staan die mense op trapleertjies of koeldrankkratte en sê hulle sê terwyl die publiek luister of met hulle argumenteer. (Daar was ʼn ou van die ANC ook, maar hy het duidelik nog nooit sy voete op SA’e bodem gesit nie.
Van Hyde Park is ons deur na Piccadilly Circus en ek gaan besoek die Rock Circus (Madame Taussauds) ʼn museum wat ek baie geniet het. Toe gaan eet ons in ʼn Switzerse Restaurant iets ligs en kom huis toe. Ek en Es maak kos en ons brand amper die huis af met kookolie op die gasstoof. (Ja, die stort, heater en stoof werk op gas.)
Die aand skryf ek my poskaarte. Dit help tog nie ek hou dit nie, en gaan slaap – presies wat ek nou gaan doen.
10 April 1994 - 21 jaar verder
O, maar ek moes baie kreatief gevoel het om my droom aan te teken. Dit moes wees omdat ek gelees het dat Salvador Dali so dagboek van sy drome gehou het en dit dan later in skilderye gebruik het. En hier het ek myself nou hoeka al vir twee dae in die geselskap van Salvador Dali se skilderye bevind. (Lekker om kind te wees.)
Suid-Afrika Huis
Ek is bevrees, 21 jaar later was my besoek aan Suid-Afrika Huis niks anders of meer opwindend as 21 jaar vantevore nie. Dit het bykans niks opgelewer nie. Een Pierneef (waar dit gaan oor die opveiling van die werk waarvoor hy in 1933 opdrag gekry het – ook die jaar waarin SA-Huis gebou is). Die opwindendste, en enigste foto’s op hulle webwerf self, is toevallig ook van meubels wat in 2014 op te veil aangebied word.) Nie eers Youtube kon iets oplewer nie. Ek het nie geweet ʼn mens kan soveel trefslae op Youtube kry wat nog net een kyk geniet het nie. Ek het selfs op ʼn agtmaande-oue video afgekom waarvan ek die eerste kyker was. O, die High Commission se webwerf is regtig ʼn verleentheid.
South Africa House
My Pinterest-blad
Covent Garden
Daar is toe nie een mark in Covent Garden nie, maar drie – Apple Market, East Colonnade Market en Jubilee Market. Elkeen het sy eie nismark, en wat meer is, laasgenoemde mark is soos ʼn verkleurmannetjie – oor naweke is dit ʼn kuns- en kunsvlytmark, Maandae ʼn antieke mark, en van Dinsdag tot Vrydag ʼn algemene mark. Die eerste fout wat ek gemaak het, was om my aan die neus te laat lei deur die plek se naam – Covent Garden. Glo my, dis geen tuin nie, die enigste groen in die onmiddellike omgewing is die groen van een of twee geboue in die onmiddellike omgewing se dakke. Vra my, by gebrek aan my eie drone (hommeltuig?) is ek soheentoe met Google-Earth – daar is nie eers meer ʼn boom in sig nie.
Dit het my ʼn rukkie se nalees gekos om agter die kap van die byl te kom. Die ou monnike van die Westminsterabdy had jare gelede hier die kloosterkombuis se vrugte- en groentetuin aangelê. Dis waar die mark aan sy naam kom.
Daaruit het oor jare heen ʼn varsproduktemark (al was dit in ʼn stadium ook Londen se rooiliggebied) ontstaan. Die baie bekende argitek, Inigo Jones, het die piazza in 1631uitgelê.
Teen 1830 was daar van sy piazza niks meer te sien – Charles Fowler se gebou, wat vandag nog staan, is toe opgerig. In 1872, ten einde handeloppervlakte te vergroot, het die groot binneplein ook onderdak gekry.
Honderd jaar later het verkeersprobleme helaas genoop dat die produktemark in 1974 ʼn goeie vyf myl verder skuif. In 1980 is die mark as kleinhandelsentrum heropen en vandag is dit jare reeds ʼn groot toeristeaantreklikheid.
Hoe lank ons in 1994 daar was weet ek nie, maar einde 2015 bring ek ʼn goeie drie en ʼn half uur daar deur. It’s not the real McCoy, maar glo my ek weet nou meer van die plek, het meer van die plek gesien, as wat dit vir my moontlik sou wees, het ek vanoggend 3½ uur daar deurgebring.
Covent Garden se geskiedenis van die plek
Covent Garden Trust se geskiedenis van die plek
Covent Garden se trip down memory lane op Pinterest
My eie Pinterest-herbesoek aan Covent Garden
St Paul’s (die kerk)
Dis opvallend hoe ek destyds ʼn punt daarvan gemaak het om te onderskei tussen St Paul’s, die kerk, en St Paul’s, die katedraal. Ek onthou dis William, ons toergids vir die dag, wat so gesteld op die onderskeid was. Dis nie of ʼn mens die twee kan verwar nie. Die katedraal is immers nie sommer enige katedraal nie, dis die tweede grootste kerkgebou in Engeland (en die twintigste grootste in die wêreld.) Die kerk is ook nie sommer enige kerk nie – dis die heel eerste kerk om na die reformasie op Britse bodem gebou te word.
Ek is bly om te sien dat die tuintjie wat destyds vir my so mooi was, nog steeds so mooi is. Hoe die foto’s lyk wat ek daar geneem het, sal ek nie weet nie – ek was te brandarm om die foto’s te ontwikkel toe ons terug in die land kom. Die ses of sewe films het lank in ʼn blou boksie op my boekrak gestaan, maar toe ek dit na 10 of 11 jaar steeds nie ontwikkel het nie en begin dink het dat die goed lankal sou “verslaan” het, het ek dit weggegooi.
Hulle webwerf
My Pinterest
St James’s Park
Daar’s baie dinge wat boorlinge van die Afrika-kontinent van weet, maar die Europeërs nie. En andersom ook. As daar nou een ding is waarmee ons Suid-Afrikaners beslis nie juis bekend is nie, dan is dit ʼn eenvoudige ding soos 'n groot stedelike park. Ons ken ʼn parkie met verroeste klimrame en gevaar na donker, maar ʼn speelparkie is nie park nie. Die naaste wat ons aan ʼn park kom, is miskien die botaniese tuine, of die goewerment- of kompanjiestuin in Kaapstad. En daardie “naaste” is steeds baie ver.
Hul koninklike webwerf
My Pinterest
Speakers’ Corner
"We walked through Hyde Park looking for Speakers’ Corner, which – especially for us as East Germans – was legendary, the very symbol of free speech. I hope that is not an insult to you, the members of the British Parliament." (Angela Merkel in haar toespraak voor beide die Hoër en Laer Huise van die Britse parlement, 27 Februarie 2014)
Geniet hierdie video wat ook in die Pibterest-album is.
Dis suiwer vermaak. Deesdae, loer ek op Youtube, is dit hoofsaaklik godsdiensdebatte tussen Christene, Moslems en Sikhs wat die seepkissies volstaan.
Ons had ʼn wandeling deur die park in St James’s Park (en ek het gaan kyk of dit James’ of James’s is) maar deur Hyde Park het ons nie gestap nie – ons het deurgeskiet Speakers’ Corner toe (hierdie Boertjie het weer gaan seker maak oor die –‘s) en toe weer voet in die wind geslaan.
Hyde Park, Speakers’ Corner en die volgende vyf besienswaardige besoekpunte het een gesamentlike Pinterest-skakel aan die einde.)
Apsley House (Number 1, London)
Hierdie residensie het sy naam as Londen se eerste huis gekry, omdat dit die eerste huis is wat reisigers teëgekom het as hulle die tolgeld by Knightsbridge betaal het en besoek aan Londen gebring het. Die res van die huise in die straat is afgebreek, maar Number 1 het bly staan en staan vandag amptelik bekend as Herritage Museum. In die volksmond, is en bly dit Number 1, London. Ons is beslis nie in nie, dit was bloot ʼn halte toe ons by Hyde Park Corner, ʼn ander Hyde Park Corner as die een in Johannesburg wat ons ken, gestap het.
Hier is nou ʼn baie interessante toeval. Apsley House, Londen, staan by Hyde Park Corner; Apsley Group South Africa (die outjies wat onbekostigbare handelsmerke in die modebedryf die land uit Italië, Frankryk en die res van Europa inbring) se hooftak is in Hyde Park Corner, Johannesburg. (Office No. MM13, Middle Mall Hydepark Corner, Jan Smuts Ave, Johannesburg.)
ʼn Dom, armgat urk soos ek, weet natuurlik nie eers van die bestaan van Apsley Group nie – maar dit verklaar hoekom ek op soveel foto’s van modelle in swierige uitrustings wat die hele Number 1, London volstaan, afgekom het, toe ek Apsley House ge-google het. Die modehuis gebruik die herehuis ook as vertoonvenster van hul handelsware.
Ek deel sommer die herehuis (Londen) én die modehuis (Johannesburg, maar daar is ʼn tak in Kaapstad ook) se webskakels, beide is besoek werd.
Apsley House, London
Apsley Group, Johannesburg
Suidelike oewer van die Teems en uitsig op die parlemetsgeboue
Ek noem dit nie in my dagboek nie, maar ek onthou dit – met dié stukkie stap saam met die rivier, het ek seker ʼn hele film van 36 foto’s opgebruik. Dis ook hier waar ek besef het dat fotoherinneringe dit nie vir my gaan doen nie, ek sal daar sonder moet klaarkom – daar is net té veel foto’s om te neem as ek alles wil afneem.
Dan het ons iewers koffie gedrink, maar ek het dit ook nie aangeteken nie. As daar iets soos 'n National Theatre op die South Bank is, dan was dit daar. Ek onthou die aanloop, die tuine, gerookteglas-vensters, swart rame. Die gebou herinner aan 'n Mondriaan-skildery. Modernisties. Ek noem dit National Theatre omdat ek die plek as London se eweknie van Sydney se ikoniese Operahuis onthou.
(Ek het intussen gaan loer - ek is ten sterkste van vermoede dat ons wel daar was. Miskien lees Es hier en sal sy kan bevestig.)
Southbank se webwerf
Piccadilly Circus
Hoe moes ek nou weet dié Circus is nie ʼn sirkus nie, maar ʼn sirkel, eintlik ʼn verkeersirkel, waar vyf van Londen se hoofpaaie saamvloei. En ʼn piccadilly het net mooi niks met piccalilli te doen nie – dit kom van picadill, die wit, gestyfde kant- en ander krae wat ooms en tannies soos Jan en Maria van Riebeeck in die 1600’s gedra het. (ʼn Londenaar wat skatryk geword het uit die maak van die goed, het in die omgewing gebly en daar is outjies wat vertel dat dit is waar die plek aan sy naam gekom het.)
Die meeste verkeer is deesdae ondergronds – daar is ʼn asembenemende prentjie in die Pinterest-album. Bogrond is dit deesdae ook net busse en voetgangers. Amper soos Kerkplein.
Ek het tyd gemaak om hierdie baie interessante pad saam met die samesteller daarvan te stap – dis die geskiedenis van die verkeeraansluiting in beeld, van die 1890’s tot vandag.
Rock Circus (Madame Tussauds)
Dié plek het in 2001 sy deure gesluit, daar is nou ʼn Ripley’s Believe or Not in sy perseel. Ons tyd was beperk en ek het op die kleiner Rock Circus, eerder as die veel groter Madame Tussaud’s besluit. As ek weer daar, of waar daar ook al wasbeeldversamelings aangehou word, sal ek dit nie besoek nie. Ek het net so baie van die Madame Tussaud’s gehoor, dat ek gereken het dis iets wat ʼn mens net eenvoudig móét doen – snert.
Ons het later, elders, 'n Ripley's besoek. Is daar iets soos "die oorspronklike Ripley's? Ek weet nie. Maar dit sal nog kom. Ek verbeel my dit was in een van die Skandinawiese stede.
Movenpick - Swiss Centre (Leicester Square)
Ek kon talle foto’s kry wat dieselfde look and feel as ons Londense restaurant had. Ons eetplek in die Switzerse Sentrum op Leicester-plein het in '95 sy deure gesluit. Die hele sentrum is vandag nie eers meer met ons nie, ook nie 'n enkele klokkespel nie. Ek onthou 'n onvergeetlike geselligheid en atmosfeer, een waaraan ek elke keer dink as ek hier by ons die een of ander afgewaterde Movenpick besoek. Of ek rösti of raclette gehad het, kan ek nie onthou nie, een van drie ons had die een, en 'n ander die ander, maar wié wát had, is toegesluit in my grysstof.
My Pinterest van die res van die dag

Die plaasdam staan nog en die hele werf en plaas baie mooi in stand gehou deur die nuwe eienaar. Henriette, my ma en ek het die plaas besoek met my laaste kuier in 2012.
AntwoordVee uit