11 Mei - 21 jaar van te vore
(netjies oorgetik... bla-bla-bla... my handskrif nie kan lees nie...)
Hierdie dag begin nie te lekker nie. Ek word wakker toe die trein op ʼn stasie stop, toe die kondukteur daarna inloer om te kontroleer vir kaartjies. Ek kan nie weer slaap nie en die volgende oomblik voel ek iemand saggies peuter aan my geldsakkie. Ek gil en daar staan die ou wel gebukkend oor my. Es skrik haar kaduks en ek is ook nogal in ʼn state. Kan daarna nie weer slaap nie en kyk maar uit oor die lieflike Mediterreense see.
Die gesig is beter as wat die reisagentskapadvertensies dit altyd uitbeeld.
Ons arriveer op Nice-stasie – met ʼn lot sex shops regoorkant die stasie – en trek geld. Die koers is baie sleg – waar dit aanvanklik 100:164 was, is dit nou 100:100 en alles is skielik baie duurder as wat dit bietjie meer as ʼn week gelede was toe ons Frankryk verlaat het.
Ons budget word gesny van 164FF per dag, na 133FF per dag. Dit sou 100FF per dag gewees het, maar die masjien kan nie 300FF gee nie, net veelvoude van 200FF.
Ons loop bietjie in die dorp rond om te wag vir die Toeristeburo om oop te maak. Daar kry ons inligting oor kampeerterreine. Getrou aan Esmari (en my) aard, tob ons ʼn ½ uur oor watter een, en besluit ons op een na aan ʼn stasie waarvoor ons nie busgeld uit boef te gee nie.
Die eerste kampterrein sou R71 per persoon gekos het, maar ons settle vir die R54 een net so 100 meter verder. Dit is nie ʼn sleg terrein nie – ons kry ons eie privaat hoekie – omhein deur hedges waar ons nesmaak.
My edel geteelde reisgenoot wil eers gou gaan bad en hierdie rough diamond geniet dit ook.
Toe vat ons die trein Monaco toe – Monte Carlo, met my vooropgestelde idee dat dit die speelplek van die rykes is – en, o, dit is!
Dit is die dag voor die groot grand prix en die hele dorp is daarvoor in gereedheid gebring. Ons koop middagete by so ʼn plek waarvan die lifts op straatvlak is – in ʼn berg in – en jy dan in die uitgeholde berg jou groceries en shopping doen.
Ons eet heerlik brood en tamatie op die stellasies wat so vol gepak word die volgende dag en kyk uit oor die hawe. Dis nou tot die polisie ons op grond van sekuriteitsredes kom wegjaag. Ons gaan eet toe net voor die paviljoene en eet steeds net so lekker.
Ek vergaap my aan die luukse jagte wat intrek om die grand prix vanaf die jag se dek dop te hou.
Pat sal dit geniet om op die bote te werk – almal was (spit & polish) en ek sien ʼn ou ʼn voetbruggie met sy knipmes skoon krap.
Gelukkig loer ek nie by die casino in nie, want dit kos 50FF toegang.
Ons stap na die Niceane se interpretasie van ʼn strand en is highly disgusted.
Ons ry met ʼn lift op – kyk hier is daar publieke hysbakke in plaas van trappe en kom teen ½ 5 by die toeristeburo uit om ʼn kaart van die stad te kry.
Dit word gou duidelik dat die dag nie veel meer gaan inhou nie en ons ry terug na ons kampplek.
Die Supermarche is nog oop en ons koop sjokoladepoeding, bier en wyn vir die aand, en kos vir die volgende aand. Dié aand eet ons pasta en ratatouille, en die volgende aand suurkool en vleis soos Dominique gesê het eie aan Frankryk is.
21 jaar later
21 jaar later kry ek lekker lag vir die groot skrik. Ek onthou geen detail van die skrik nie, wel dat ons voortaan baie meer versigtig op oornagtreine was.
Ons het in ʼn stadium Esmari se sambreel met ʼn tou aan die kompartementdeur vasgemaak – op so ʼn manier dat die sambreel ter gronde neerdaal as iemand dit deur die loop van die nag sou waag om die deur skelm oop te maak.
Een nag het die sambreel luidkeels in die donkerte afgeval en ek en Es het ewe luidkeels opgespring en dadelik ʼn aanvalshouding aangeneem. Ons was verward en verskrik, maar dit was niks in vergelyking met die stomme kondukteur wat sy rondes gedoen het nie.
***
Van die kampeerplek skryf ek elders:
En op die volgende bladsy:
Ek het regtig baie moeite gedoen om die kampeerplek op te spoor – juis omdat ek oggend se stort so goed onthou.
Verniet of ek iewers aan die cote d'azur ʼn kampeerplek loopafstand van ʼn stasie kan opspoor. (Teen R100-00 ʼn dag, reis, verblyf en etes ingesluit, was daar nie geld vir busvervoer ook nie!)
Ek google toe in ʼn stadium Nice + France + Camping + Industrial + area. (Sit jy nie France by nie, lees hulle “Nice camping” as “Lekker kampering” en bring dit jou nêrens uit nie.)
So waar as waaragtig kry ek ʼn stukkie teks wat uit 2007 dateer:
Camping advice required please!
My girlfriend and I are flying to Nice for the last week of July, and are planning to travel along the French Riviera, camping on the way, before flying back again.
A quick question for anyone who's done something similar:
Would we better off hiring a car?
Alternative seems to be to get buses from one town to the next, but am worried that we may not be able to get to campsites very easily this way.
ʼn Gawe ou antwoord toe:
we stayed in a camp site in Velnerve lu bur (sorry I've spelt it wrong) which is right next to the train station and was a rather nice camp site in the middle of what seemed like a industrial estate but the site it self was hidden in trees and very nice. We had a car as well but it was nice to able to use the train so we could all have a drink if we wanted
ʼn Nóg gawer ou help toe met die spelling:
Velnerve lu bur = villeneuve loubet ??????
Toe was dit maklik om twee kampeerterreine, loopdistansie van mekaar, maar ook van ʼn treinstasie af, op te spoor.
Die een is beslis te up market en tien teen een die een wat destyds die duurder een van die twee was.
Die ander een, grensend aan Industriële ontwikkeling, bestaan helaas nie meer nie – die terrein is toegebou onder behuising. Die stukkie wat nog geien word as Camping Riviera Vaugrenier dra kennisgewing van die ontwikkeling wat vir daardie lappie aarde beplan word.
Toe skiet ek deur Monaco toe en gaan roep die dag voor die 1994-grand prix op. Ek kuier weer waar ons begin eet het, maar toe vriendelik verplig is om elders verder te gaan eet.
Ek kyk sommer daardie jaar se grand prix op Youtube en voltooi selfs ʼn virtuele ronde of twee op die een of ander rekenaarspeletjie – die sweet tap my af.
Ek spoor midde die grand prix die plek op wat lewenslank vir my die mooiste van die stukkie van die Franse Riviera wat ek leer ken het, sal bly. Dit was daardie dag die blouste blou, die helderste helder en die soelste soel.
Ongelukkig het ʼn hommeltuig dit nog nie vir my afgeneem nie, maar dit sal kom. Tot dan kleur my geheue dit wat Google Maps se Street View en Satelliet nie kan bied nie, in.
En toe stap ek strandlangs. Strandlangs, maar nie op die strand nie, met die promenade, langs die strand, en as daar nie promenade is nie – sommer in die pad, net nie op die strand nie.
As jy groot geword het met die suidkus se golwe, as dit jou ding is om deur Muizenberg se branders gespin en op die seebodem neergedonder te word, dan is die Franse Riviera met al sy luister, prag en praal, nie vir jou nie, en sal dit nooit wees nie.
Eerstens is daar nie branders nie – die peuterpoeletjie by Durban se goue myl had meer maritieme onrus as die ganse 3 myl kuslyn van Nice se Baai van die Engele. Trouens, ʼn teelepel in ʼn Noritake-koppie sorg vir groter golwing as die gemiddelde 50 cm verskil tussen hoog en laagwater aan die hele Franse Riviera.
Tweedens spog die Baai van Engele met 25 strande waarvan 20 openbaar en 15 privaat is. 20 + 15 = 35, ek weet, maar party van die strande is sowel openbaar as privaat, party privaat strande deel hul naam met ʼn openbare strand, ander nie.
Dis maklik om te sien wat is privaat en wat nie, aangesien die privaat strande met wit heinings afgebaken is vanaf die teerpad tot amper in die water. Daar is tafels en stoele uitgepak, sonbrand stoele en sambrele, alle kleure en geure.
Nie dat enige mens al die pad met sy voete in die water van die begin van die baai by die lughawe, tot die einde by Hôtel la Perousé sal wil stap nie, sal kán stap nie – jou skoensole sal deurgeloop wees voor jy halfpad is.
Het jy gedink jy kan kaalvoet op die strand stap? Nee, dis nie ʼn seesandstrand nie, dis ʼn steenstrand vol spoelklippe. Jy swem met skoene aan, die restourante en hotelle lê tapyte aan tot by die water en jy lê nie op ʼn handdoek nie – as jy nie een van die privaat strande se sonbrandstoele kan bekostig nie, móét jy ʼn isoleerder vir ekstra beskerming saamneem om onder jou handdoek te gooi.
Daar kan soveel topless beauties wees as wat daar wil wees – dit sal nie genoeg wees om die skaal in die guns van die Franse Riviera te swaai nie.
Ongeloof oor “galets” (dis wat die Franse daardie spoelklippe noem) het gemaak dat ek een vir die volgende twee maande in my rugsak saamgedra en teruggebring het – wat daarvan geword het, weet ek nie.
Sedert 1975, tot 2005 is hierdie klippe aangery strand toe, ons praat van 558,000 m3. Dit is gedoen om die strand kunsmatig breed genoeg te hou.
Met die dat die aanry van spoelklippe (daar is drie riviere in die omtrek wat die projek gevoed het) gestaak is, kla die baaiers dat hulle deesdae hande-vier-voet en op hul knieë uit die water moet kruip om net weer uit die water en op die strand te kom.
Gevolglik skraap stootskrapers die strand deesdae soggens voor die toeriste op die strand neersak, mooi gelyk. Maar teen die tyd dat sonaanbidders opdaag, is baie daarvan, afhangende van die gety en die seisoen, weer ongedaan gemaak.
***
Maar val ek met my alie in die botter, dan gaan ek weer. Die musiek op hierdie video maak my die voetseer vergeet:
Maar dis die oorbevolkte openbare strande vir die armgatte. As my gat die botter tref, word ek hier bedien:
Rick Steves, bekend vir sy toersitevideo's, vat my ervaring in hierdie kort video mooi saam:
Hierdie knaap sukkel nog om sy hommeltuig te bestuur, maar hy kry 'n goeie idee van die baai en die privaatstrande afgewissel met die publiekes:
Rick Steves, bekend vir sy toersitevideo's, vat my ervaring in hierdie kort video mooi saam:
Hierdie knaap sukkel nog om sy hommeltuig te bestuur, maar hy kry 'n goeie idee van die baai en die privaatstrande afgewissel met die publiekes:
Hierdie volgende video verklaar 'n Suid-Afrikaanse seeliefhebber se teleurstelling in Nice se branders. Die mater wat dit opgelaai verwys na die unieke geluid wat die branders/golwe maak as dit die spoelklippe tref. Daar is nie golwe of branders nie, hoogstens 'n minuskule deining:
Die opwinding rondom grand prix in Monte Carlo is groot. Ons het dit die volgende dag verby laat gaan, maar selfs 'n dag voor die tyd was die stad se atmosfeer gelade. Hier ry Martin Brundle waar ek op die blou see (blykbaar te danke aan die spoelklippe) verlief geraak het:
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking