13 Mei - 21 jaar van te vore
(netjies oorgetik onder 1994-dagboekfaksimilee)
Hierdie dag sal ʼn hoogtepunt op die toer bly – ons pak vroeg op. Ek is weliswaar ʼn ½ uur voor my reisgenoot klaar maar maak van die wag gebruik om ʼn poskaart te skryf.
Ons sluit ons sakke op die stasie toe (die sluitkassie stink al as ons dit oopmaak in die aande – vrot wasgoed en muf handdoeke).
Ons eerste besoek is op met die heuwel (½ pad so ver soos gister) na Marc Chagall se museum wat 27 FF/R 27 kos. In hierdie stad het net die Joodse museum (Marc C) en die kerk (Russies) ons geld gekos – nogal sprekend.
O, maar na ek die eerste skildery gesien het, en na die tweede, was die R27-00 se waarde reeds gevul. Ons spandeer 1 ½ uur in hierdie betreklike klein museumpie. Ek koop na ʼn ¾ uur die R14-00 gids tot die museum om meer waarde aan die besoek te gee – ek het nie die geld nie, maar dit was elke sent werd. Ek sien ook my eerste famous Chagall glasvensters.
Hierna stap ons af na die moderne kunsmuseum (waar ek die vorige dag was) net sodat ek vir es die vreemde skilderye kan wys.
(Ek het nou al die oorspronklike “Ete op die gras” gesien, ʼn soortgelyke een deur dieselfde skilder. Picasso se variasie op die tema en ook hier die fotografiese weergawe – lieflik.) Ek kan nie onthou of ek dit genoem het nie, maar ek het die vorige dag ʼn alarm afgetrap ook.
Ons stap weer in Markstraat af – Ek wil Es die opgestopte speenvark en ravioli wys. Ons koop 2 slegte/lekker/koue pizza-broodjies – die wind waai vreeslik waar ons dit op die trappe van die kunsmuseum sit en eet.
Ek is toe na Dufy se museum toe – ek het al opwinder Dufy’s gesien op die toer, maar dit was nice om sy skilderye oor Nice te sien (pardon the pun).
Ek spoor Esmari op waar ek verwag het om haar te kry – by ʼn eetplek, gulsig besig om te eet.
Ek vergryp my aan my eerste draairoomys – Esmarie nie. Enkele minute hierna koop ek iets wat ek al in Parys teen R160/kg wou gekoop het – lemoenskil met sjokolade. Hier kos dit R220-00/kg maar ek koop net tot ʼn waarde van R14-00 en enkele sente. (Heerlik.) Die rede hoekom ek so geld uitgee, is omdat ek gespaar het vir ʼn Dufy-poster en toe nie iets gekry het nie. Ek het ook nie by Matisse of Chagall iets groot gekoop nie.
Die middag kry ons by die poskantoor waar jou seëls vir jou gedruk word in ʼn masjien – wa;glik – en ek pos my twee poskaarte.
Ons stap ook die bult uit na die chateau en die begraafplaas wat die vorige dag so opwindend vanuit die moderne kunsmuseum gelyk het. Ek leer hoe mense in die familiegrafte begrawe word.
Op die bult neem Es haar foto’s en as my ego nie so groot was nie, het die wind ons tot onder gewaai.
Ons koop aandete met die laaste Franke (brood/ham/kaas/tamatie/cider/NOUGAT) en sit af stasie toe waar ons elk 50FF wissel en net 10SF kry).
Klim op die trein waar ek begin om die dag se dagboekinskrywing te maak.
21 (ook nou al 24) jaar verder
Die geleentheid tot kommentaarlewering wat sommige webwerwe op die internet inruim, het die vox pop van die een en twintigste eeu geword.
Vaar jy met bandmasjien en mikrofoon die strate in om Jan Alleman se mening oor ʼn saak te hoor, het die outjies in die uitsaaibedryf dit jare gelede “vox pop” genoem.
Of dit nog die geval is, sal ek nie weet nie.
ʼn Vriend het genoem vox pop is kort vir vox populae – die stem van die volk, stem van die populasie, die populêre mening.
Danksy die internet en sosiale media het amper enige een met internettoegang via rekenaar of foon deesdae ʼn stem, ʼn bek om te rek, ʼn stuiwer vir die armbeurs en ʼn eier om te lê.
Op hierdie tweede ronde van my 1994-toer loer ek gereeld by TripAdvisor in. Ek foeter weliswaar nie daarheen om adviseer te word nie, ek gaan kyk of dinge nog is soos ek dit onthou, of dit verander het en hoe dit verander het sedert ek laas op ʼn betrokke plek was.
Vanoggend, toe ek wil begin skryf aan ronde twee se dagboek, is die boonste kommentaar by my hoogtepunt van die dag die volgende:
Great Museum
The Museum is great, Chagall paintings are large, colorful and intriguing. The English commentary is very good. Please note that you should be quite skeptical when reading any TRIPADVISOR reviews as they rarely publish a negative review because doing so will hurt profits. Note that the ratio of good to bad reviews is about 50 to 1
Ek stem volmondig met die man se opskrif saam – Great museum.
Sy tweede sin is presies die rede waarom ek, toe ek museumfoto’s gesoek het, nie bloot afdrukke van die skilderye gesoek het nie, maar foto’s met museumbesoekers ook daarop – juis om die grootte en omvang van die skilderye en iets van ʼn mens se belewenis rondom die museumbesoek vas te vang.
Dan praat ons weer uit dieselfde mond as hy die Engelse kommentaar vermeld. Die man het duidelik in sy besoek aan Frankryk. soos ek – destyds én vandag – die Frankofiele se volslae verslawing aan frankofilie leer ken. Ek moes destyds betaal vir ʼn Engelse museumgids, vandag is die oudiogidse gratis. Maar dat so iets nodig is om die skilderye 100% te geniet, bly waar.
Met sy siniese opmerking dat ons skepties moet wees oor die opmerkings wat wel publiseer word, stem ek nie noodwendig saam nie.
Toe ek twee dae van te vore daar ingeloer het, was bo aan die lys kommentare die volgende een:
Art was good but!!
Art was nice but building needs repairs and maintenance. Building needs paint and grounds full of weeds and dirt not worthy of artist of this level. Should be better maintained. Staff not the friendliest either except for guides and gift shop cashier. Was not worth the trip or cost. Unless you are a Chagall finatic. (sic)
Intussen het bygekom, die volgende twee:
Amazing collection
This is the French National museum built specifically to house a collection of paintings by Marc Chagall. The building itself is an fine example of mid century architecture. The audio tour is especially helpful in proving invaluable background information about Chagall's life and the imagery in his paintings.
Beautiful and deep
Amazing paintings and Museum. Parking was horrible but we forgot all about it once we immersed ourselves in the galleries. The museum cafe was also great... get the Samosa salad.... among the best samosas I’ve had. The museum is small and very manageable. Cost was 20 euros for two adults. Audio guides are available in English. I thought I knew all about Chagall but left with a much deeper understanding.
Na ek ook reeds via Google Maps Satelite View besoek afgelê het, verstaan ek die man se opmerking rondom parkering.
Toe moes ek net uitvind of ʼn Samosa is wat ek dink dit is – dit is, en daar is inderdaad ʼn lieflike Birmese slaai wat van samoesas gemaak word.
Ek het nogal gesukkel om Engelse inligting oor die 17 hoofwerke van die museum te kry. Chagall het heimlik gehoop op ʼn kerkie (soos wat Matisse gekry het) om te versier – in sy geval sou dit dan nou net ʼn sinagoge moes wees – maar dit het nie realiseer nie.
Hierdie museum het sy sinagoge geword waar hy 12 skilderye rondom die eerste twee boeke van die Pentateug, en 5 deur Spreuke van Salomo geplaas het met die doel om ʼn spirituele ervaring by die toeskouer aan te wakker.
Hierdie 17 skilderye (hier bo, nie hier onder nie!) hang vandag nog presies net soos hy dit destyds geposisioneer het.
Oor die Moderne Kunsmuseum het ek die vorige dag uitgebrei. Ek is suiwer weer daarheen om vir Esmari te wys. Watter fotografiese werk dit was wat met Manet se LE DEJEUNER SUR L'HERBE in gesprek getree het, sal ek nie weet nie. Ek goeie rede om te vermoed dis die een tweede een van regs in die boonste ry op die foto hier bo.
Manet se twee oorspronklikes het ek onderskeidelik in London (Courtauld Galery) en Parys (Musee D’Orsay) leer ken. In my soektog na watter mater my in 1994 in Nice aan die praat gekry het, het ek ʼn vakansie van my eie gehad:
Getrou aan my aard kon ek nie rus voor ek nie uitgevind het of jy steeds gestopte speenvarkies in Nice se Markstraat kan opspoor nie. Ek kon hierdie twee raaklees – nie sommer enige gestopte speenvark nie, Niceense gestopte speenvark:
My Dufy-museum (Galerie Des Ponchettes is sy amptelike naam, Musee R Dufy leef net in die volksmond) was weliswaar hierdie keer dieselfde teleurstelling as destyds. Galerie Des Ponchettes lewer ʼn skrale ses video’s op Youtube op. Op Pinterest gaan daar minder as niks aan, nog minder as jy dit met Dufy verbind.
Die museum se amptelike webblad is letterlik een blad van ʼn webwerf met 17 blaaie – een vir elkeen van Nice se 17 munisipale kunsmuseums praat net 226 woorde oor die museum. Ek het hulle getel toe ek hulle vertaal het, want ja, die 226 woorde praat soos ʼn mens vooraf moet weet, net Frans.
Dis seker omdat elkeen van die 13 300 000 passasiers wat Nice via sy lughawe in 2017 besoek het, Frans magtig is, omdat elkeen van die 5 000 000 toeriste wat die stad daardie jaar besoek het, binnelandse besoekers uit Frankryk was, dis seker omdat 1 uit elke 100 toeriste besoekers aan Europa wat inderdaad elkeen ʼn nag in Nice oorslaap, Franssprekend is.
En dis nie ek wat hierdie statistiek uit my duim suig nie. Dis NICE TOURISME ET CONGRÈS wat op hul webwerf om verstaanbare redes uit hul pad gaan doen om jou in Engels aan te spreek (ek dui hul taalfoute in rooi aan - dalk is dit nie dat hulle nie Engels WIL praat nie, hulle KAN nie):
Nice, a city with tourism as its vocation.
Nice receives visitors from the whole wolrd, and has all the necessary facilities to further develop its capabilities.
- Number one tourist destination after Paris,
- Around 5 million visitors per year,
- 40% of the tourist flow on the French Riviera, worth 1.5 billion in economic benefits,
- 1 visitor in 100 in Europe stays at least one night in Nice,
- Second airport in France after the Parisian airports with almost 13,3 million passengers in 2017, 114 destinations in 40 countries. direct links with european capitals, as well as with new-york, dubai, Moscow...
- Number one airport in France in terms of low-cost traffic with around twenty airlines carrying 30% of the passengers, coming to 3 million people,
- Leading conference city in France after Paris,
- One of the highest number of hotel rooms, and the best quality accommodation after Paris, accounting for a third of french riviera stays, with a capacity approaching 200 establishments and 10 000 rooms,
- One of the top French cruise ports: Nice/Villefranche-sur-Mer with 487 440 passengers and over 300 ships mooring in the port each year.
- Highest concentration of museums after Paris, with 19 museums and art galleries
- 1st city in France with vineyards within the city limits
19 museums en kunsgalerye!
Op 07 Jun 2008 om 13:37 (hulle tyd) vra iemand op TripAdvisor rondom my Dufy-museum:
Hi, in the DK guide book to Provence and the Cote d'Azur, it briefly mentions that there is a Galerie Raoul Dufy in Nice, situated along the Quai des Etats-Unis. However, I have failed to find any further information on this. Can anybody tell me if they have been to this gallery, and if it is worth the visit? I am a huge fan of Raoul Dufy's works. Many thanks.
Iemand antwoord toe ʼn dag later:
I *think* the gallery your guide refers to, is one of two small (and free) galleries just outside the Cours Saleya on the quai des Etats Uni. Although it's called the Musee R Dufy, it is used for small temporary exhibitions - the last one I went to showed the art work and installations associated with the new tram system - I've never seen any R Dufy work exhibited there. I understand that some of his work is permanently exhibited at the Musee des Beaux-Arts, the Fine Arts Museum at 33 Ave des Baumettes - I would go there.
ʼn Jaar later laat die Trip Advisor-personeel weet:
-:- Message from TripAdvisor staff -:- This topic has been closed to new posts due to inactivity. We hope you'll join the conversation by posting to an open topic or starting a new one.
Ek kon darem twee plakkate van Dufy-gasuitstallings in die museum opspoor:
Laslappies en skakels
LE DÉJEUNER SUR L'HERBE se variasies
tripadvisor Chagall-museum
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking