Kan twee dae met 21 jaar wat
tussen hulle uitgestrek lê; ook lankal nie 21 nie, maar amper 23, so presies dieselfde wees, asof dit nie ‘n
mondige leeftyd nie, maar ‘n oogwink is wat hulle skei?
Ek had verlede week die
voorreg om met mense te kuier wat ek, party van hulle, in 1988 laas gesien het,
en soos met elke reünie, is die eerste wat opval, nie hoe ons verander het nie,
maar hoe dieselfde dit al hierdie jare later is.
Maar dis ménse, nie ‘n vakansiedag
in ‘n lieflike reis (1994) en ‘n herbesoek van agter ‘n rekenaar (2017) nie.
Miskien is dit die ou cliché,
hoe meer dinge verander, hoe meer bly
hulle dieselfde.
8 Mei 1994 - 21 jaar vantevore
Die trein spoeg on uit op
Barcelona-stasie waar ons een uur moet wag vir die toeristeburo om oop te maak.
Die tannie help ons mooi
en ons koop ‘n dagkaart (wat ons toe op die ou einde net vir een trip gebruik
het) vir die metro en die bus.
Ons sit af na die metro
en iemand (3 of 4 mans) prober IETS – wát weet ek nie. Hulle (wie anders kan
dit wees) spuit ons vol vel-/handeroom, en sê dit kom uit die dak van die metro
uit. Hulle offer (bied aan) om te help skoonmaak, maar dis opvallend dat die
“handeroom uit die dak” net ons drie toeriste (‘n nader ou ook) getref het.
Hulle vee op waar niks vuil is nie en ons bemerk dadelik onraad. Dis Sondag en
die metro is baie stil. Gelukkig klim ons een stasie verder af.
Ons klim redelik ge-rattle
op Plaza Espanya af – maar te wyte aan ‘n klein misverstandjie tussen ons en
die tannie by die toeristeburo eindig ek en Es op om drie kilometer te stap na
die kampeerterrein.
En dit reën, en ons het
min slaap agter die rug. En ons weet nie hoe ver dit nog is nie – al wat ons
weet is dat ons reeds ver geloop het, en daar is nie ‘n kampterrein vir myle in
sig nie.
Daar aangekom, verseker
die tannie ons dat daar nie ‘n vinniger / ander / geriefliker manier is om by
die kampterrein uit te kom as om te stap nie.
Ons slaan tent in die reën op en in plaas van om dadelik in te skiet Barcelona toe, gaan stort ons eers – en toe
is dit verby: ek is nie meer lus om in te gaan Barcelona toe nie, en Es ook nie
juis nie. Ons verklaar die dag net daar en dan ‘n “algemene rusdag.”
Ons het
darem eers gaan kos koop – brood en wors en ek dink ons drink koffie.
Toe ons
besluit om na ete te gaan slaap, is ons eers weer (in die reën) winkel toe om
sjokolade en bier te gaan koop.
Hierna
vergryp ons, ons toe – daar is mos toe, aangesien ons die dag nou nie veel gaan
doen nie, geld vir sulke luxuries soos sjokolade.
Wakker
geword, het ons vuurhoutjies gaan koop en afgestap strand toe – net om uit te
vind dat die strand agter slot en grendel toegesluit is. Ons is uit by die hoofhek
en af strand toe.
Daar eet
ons heerlike sjokoladekoek uit Duitsland wat ons in die winkel gekoop het.
Hierdie
strand was meer soos die strand waaraan ons gewoond is, as dié in Holland en
daar was selfs branders.
Die aand
kan ons nie anders as om te wonder hoe dit is dat die mense in die karavaanpark
woon nie (permanent bly).
Ons maak
warm kookkos – brood met meatballs en ertjies, in sous, en ‘n blikkie sampioene.
Na ete
en ‘n bottel wyn, kon ons nie veel anders as om te gaan slaap nie.
Ek wou
Jac vrekgraag gebel het, maar dit blyk onmoontlik vanaf die tiekieboks e wat
daar is.
8 Mei 1994 – 21 jaar later
Party
dae onthou ek 21 jaar later net beter as ander. 21 jaar later onthou ek hierdie
dag helderder as wat ek hom destyds beskryf het.
Bygesê,
ons het selde ‘n dag se gebeure dieselfde aand nog aangeteken.
Ek het
net die sleutelwoorde kripties neergeskryf en drie bladsye oopgelos, dan weer
die dag se sleutelwoorde en drie bladsye oop.
Doen die
geleentheid hom voor, dan haal ek in. Party keer was ons ‘n week agter – en dan
brei jy nie uit nie, jy is hopeloos te agter om te borduur.
Die mans
op die trein was niks anders as ‘n spul sakkerollers nie. Hulle het handeroom
of iets op jou gemors. Dan wys hulle dit uit en begin jou skoonmaak – baie
hulpvaardig. Hulle staan vir jou toe, en terwyl jy fokus op waar hulle vryf,
beweeg ‘n hand na waar jou geld ook al is.
Ek het
my geld in ‘n leer “clutch bag” aan ‘n gordel om my middellyf gedra. Teen my
lyf, toe onder ‘n ekstragrootte t-hemp of dalk nog een van wye Mandela-hemde.
Es sien toe hoe die een man se hand
onder my hemp ingaan terwyl die ander my aandag op my skouers en agter
my rug vestig.
“Pasop,
Hans, daai een man is besig om jou geldsak oop te maak!”
Dit sal
my nie verbaas as dit Es se presiese woorde was nie. So goed onthou die
oomblik.
Ek sal
op Google-maps se straataansig-skerm kan gaan en die plek waar ons afgeklim het
tot op die naaste sentimeter kan opspoor – so helder is die insident in my
geheue vasgebrand. Dit was ‘n Sondagoggend baie vroeg in ‘n stad, die stad het
nog geslaap, daar was skaars ‘n mens op straat.
Ek
onthou dit, want wat deur my kop gegaan het, toe ons afklim, is dat daar nie ‘n
Sunday morning sidewalk kan wees, wat meer ‘n Sunday moning sidewalk kan wees
(soos Kris Kristofferson se Sunday morning sidewalk) as hierdie Sunday morning
sidewalk wat ons nou hier in Barcelona instap nie.
Dit het
dieselfde gevoel gehad as die ikoniese beeld van Kristofferson se liedjie,
behalwe dit was nie Amerika in die 70’s nie, dit was helderblou, oop,
Barcelona, ‘n goeie 23 jaar later.
Nie dat die helderblou en oop lank geduur het nie - 'n uur of wat later, toe stap ek en Es toegegooi onder ons plastiek poncho's druipnat in die pad af slaapplek toe.
‘n Ander
ding wat ek onthou, so helder soos gister, al het ek dit nie aangeteken nie (en
ek kan nie glo dat ek dit nie sou neerskryf nie) is die swane...
Miskien
was dit eende?
Dit kon
tog nie ganse gewees het nie! Kon dit?
Maak dit
dan maar watervoëls.
‘n Ander
ding wat ek onthou, so helder soos gister, al het ek dit nie aangeteken nie (en
ek kan nie glo dat ek dit nie sou neerskryf nie) is die watervoëls in die voor
langs die pad kampeerterrein toe.
Sê nou
net dit was nie langs hierdie pad nie, maar langs gans ‘n ander pad in ‘n ander
stad en land?
Oorsee
het hulle Twinkies, ons hier in SA het Tinkies – sulke olieryke, soet
sponskoek-goeterstes wat in plastiek toegedraai verkoop word en ‘n vreeslike
lang rakleeftyd het. Ons sjokoladekoek, wat ek in die gees en opwinding van die
ooblik “Duitse Sjokoladekoek” noem, was so iets. Maar verniet of ek ‘n prentjie
daarvan kan opsoor. Dit sou ‘n Made-in-Germany-koek gewees het, ek proe dit,
ruik dit, hoor selfs die plastiek skeur om by die stukkie koek uit te kom. Maar
verniet of ek ‘n voorbeeld op die internet opgespoor kan kry.
En dís
hoekom die twee dae so dieselfde vir my is. Niks het daardie dag uitgewerk nie,
niks werk 21 jaar later uit nie.
Ek kry
die naam van die kampeerterrein teenaan die lughawe, Camping Cala GoGo El Prat
de LLobregat, en die eerste frustrasie is dat daar twee Cala
GoGo-kampeerterreine in Spanje is, en ek beland elke keer in Costa Brava, in
plaas van Barcelona.
Ek lees
selfs raak van ander wat melding maak van die feit dat die plek nou via
publieke vervoer bereikbaar is.
Maar
verniet of ek die plek se webwerf kan kry.
Dis toe
dat ek op ‘n FB-blad afkom, waarvan die Spaanse naam vir my ‘n klokkie
lui: Ex-campista Cala GoGo – Barcelona –El Prat de LLobregat.
Ex-campista
kan net een ding beteken, en dit is toe ook so, ons lieflike kampeerterrein is
nou ‘n aanloopbaan wat die lughawe onlangs aangebou het, die plek is nie meer
nie.
Die FB-blad waarop ek afgekom het, is toe al die tyd waar almal nou nostalgies raak en hul herinneringe deel. Toe ek hul Spaanse omskrywing deur Google-translate stuur, staan daar:
Die FB-blad waarop ek afgekom het, is toe al die tyd waar almal nou nostalgies raak en hul herinneringe deel. Toe ek hul Spaanse omskrywing deur Google-translate stuur, staan daar:
“Simply
because they were the best Years of our lives, participates helping to recover images
and moments of that incredible and wonderful unfortunately disappeared Camping
del Prat de Llobregat affected by the expansion of the Airport.
In this
Group we welcome any person or friend who could enjoy a short or long stay in
this Camping at some time or stage of his life.”
En daar
neem einste Sunday-morning-sidewalk-gevoel van my gemoed besit elke Sondag van
my besit as ek deur die foto’s gaan en Youtube-video’s kyk van ‘n verbygegane
era.
Ja,
Sondagoggende, wanneer die girls slaap, het die tydjie geword wat ek afknyp om
oorsee te loop kuier.
‘n
Interessante Suid-Afrikaanse geurtjie aan die aanbouings by die lughawe is die
feit dat David Goldblatt die uitbreiding van die lughawe met sy kamera
dokumenteer en verewig het.
As part of a photographic study on Barcelona that was carried out during 2007 and 2008, in which MACBA commissioned new work from several renowned photographers, David Goldblatt focused specifically on the area of the Llobregat river, with its many road networks, industrial estates, and the airport site. The result is a set of photographs entitled Global Connections, which was part of the group show Metropolitan Images of the New Barcelona, within the exhibition Universal Archive. The Condition of the Document and the Modern Photographic Utopia at MACBA in 2008. David Goldblatt documented various aspects of changing relationships between the economy, forms of labour and social networks in Barcelona, as part of this initiative of the MACBA Independent Studies Program (PEI).
As part of a photographic study on Barcelona that was carried out during 2007 and 2008, in which MACBA commissioned new work from several renowned photographers, David Goldblatt focused specifically on the area of the Llobregat river, with its many road networks, industrial estates, and the airport site. The result is a set of photographs entitled Global Connections, which was part of the group show Metropolitan Images of the New Barcelona, within the exhibition Universal Archive. The Condition of the Document and the Modern Photographic Utopia at MACBA in 2008. David Goldblatt documented various aspects of changing relationships between the economy, forms of labour and social networks in Barcelona, as part of this initiative of the MACBA Independent Studies Program (PEI).
Goldblatt’s
photographs show the control tower and the construction of the new terminal at
the airport, the nearby Logistic Activities Zone (ZAL), and the construction
work on the new high speed train (Barcelona-Madrid TGV) and on the southern
breakwater at the city’s port. Goldblatt documents the industrial and
communications infrastructures, but also the human habits that coexist in these
contexts of urban transformation: agricultural workers at El Prat who trade
their products at Mercabarna, Barcelona’s central market; La Ricarda beach and
the Sant Cosme neighbourhood; European truck drivers in the industrial estates
at the ZAL; people watching planes fly in at the Mirador del Prat; prostitution
on the motorway from Castelldefels to Gavà; window cleaners at Hotel Hesperia
in l’Hospitalet; and the falconers who help to drive off the birds in the
airport area.
As in
his many of his previous works, Goldblatt shows human interventions in the
landscape, architectural structures and constructions, but also the political
decisions and ideological frameworks that bring them into existence.
Wil jy
nou meer!
Kookkos!
Ek giggel vir myself as ek lees
wat ek die aandete noem: kookkos!
Bid jou dit aan – kookkos.
Dis nou op ‘n klein blou
gasstofie waarmee stappers op staptoere gaan. In ‘n potjie kleiner as army-dixie!
Die brein onthou soos dit hom pas, en geensins noodwendig soos dit was
Dit is die een ding wat ek nie geglo het nie, maar toe vir 'n feit gelees het in Dick Swaab se vertaalde boek, Ek is my brein - Van baarmoeder tot Alzheimer.
Vandat ek weer op my paaie van destyds loop, het ek dit al by herhaling eerstehands beleef. Kyk bv. wat het ek in 'n stadium, met presies soveel oortuiging as vandag hier bo, geskryf (onder andere oor die swane, of was dit nou eende):
Ons
klim af op Plaza Espanya, nie omdat ons wil nie – omdat ons moet.
Maar
Plaza Espanya is 14 km van ons kampeerplek. So ons sou ‘n bus verder geneem
het. Tot so min of meer 3 gewraakte kilometer van waar ons seker ‘n uur stap
verder druipnat tent opslaan.
Ek
onthou van elders op die toer ‘n baie mooi lang ent se stap kampeerplek toe.
Dit was groen met ‘n watervoor langs ons. In die voor was eende, ganse en
swane. (OK, ek oordryf dalk oor die ganse en die swane, maar dit was te heerlik
so saam met die eende.)
Hierdie
was nie daardie mooi lang ent se stap nie. Hierdie was drie troostelose
kilometer al om die lughawe langs. Dooie grond.
Daar
aangekom het die kampeerterrein plek-plek aan ‘n klein dorpie herinner.
Karavane met tuin en klein houtheinings om die staanplek gespan. Suburbia.
Nie
soos suburbia nie, inderdaad ‘n tipe surburbia, vir die permanente inwoners van
Camping Cala Gogo del Llobregat.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking