Ek het regtig 'n rukkie gewonder wat op aarde ons pad 5 Mei gekruis het om my tot die dag se eerste prentjie in my dagboek te dryf. Selfs nadat ek die dag se inskrywing deurgelees het, was ek steeds in die duister.
Daar is immers geen verwysing na 'n Picasso-uitstalling nie, nog minder na 'n opgestopte dodo iewers in 'n museum . . .
En toe onthou ek, middel sewentigs, die Portugese restaurant in Alberton (ek het sy naam lankal vergeet) en die Portugese hoenderhaan op hul spyskaart, op die tafel, teen die venster, op die muur - Galo do Barcelos.
Hierdie hoenderhaan het 'n interessante storie, dis nie sommer vandag se hoenderhaan nie - die geveerde vriend dateer uit die 1600's toe 'n onskuldige pelgrim op die dorpie Barcelos skuldig bevind en ter dood veroordeel is. Hy sou vir die regter, wat met 'n gebraaide hoender voor hom gesit het (gelukkig darem nie in die hof nie), gesê het, iets soos "É tão certo eu estar inocente, como certo é esse galo cantar quando me enforcarem."
Rofweg vertaal, kom dit neer op: "So seker soos wat ek onskuldig is, so seker gaan daardie haan kraai wanneer ek gehang word."
En soos voorspel kan word, het die haan 'n rukkie later gekraai toe die terdoodveroordeelde gehang is. Die regter het uitgestorm om te red wat daar te redde was - en daar was heelwat, want die galgtou was swak geknoop en het los gegaan toe hulle die man gehang het.
En soos voorspel kan word, het die haan 'n rukkie later gekraai toe die terdoodveroordeelde gehang is. Die regter het uitgestorm om te red wat daar te redde was - en daar was heelwat, want die galgtou was swak geknoop en het los gegaan toe hulle die man gehang het.
Gelukkig kon die regter toe keer dat die outjies wat die doodvonnis voltrek, 'n tweede keer probeer, om 'n beter knoop in die tou te kry.
Hierdie laaste sin is my eie sin, ek het dit nêrens gelees nie. Maar met verloop van baie jare, het die storie as so baie stertjies en variasies gekry, dat mý enkele ou sinnetjie beslis nie die appelkar gaan omgooi nie.
In breë trekke, dan dit die storie waarom die bont haantjie al vir jare 'n simbool van geluk onder die Portugese is.
Maar terug nou eers, dagboek toe.
5 Mei, 21 jaar vantevore
Hierdie oggend is ons vroeg op om 9-uur by die Spaanse
ambassade te wees.
Die Beampte (KLOT, soos Willem sal sê) sê net dis nie sy
probleem nie, dis die probleem van die Spoorwegpolisie in Spanje. En ons is in
Portugal – so die probleem is ons s’n.
Ál wat die ou sê is dat ons paspoorte ongeldig is en ons
weer een moet uitneem. Dit kos ons R80-00 en vier foto’s en wag tot 13:00 om
ons paspoorte op te tel. (Die ou haal ons kleingeld uit sy gatsak uit en ek
wonder hoe eerlik hy is. Hy het gesê dit 24 uur vir die paspoort, en nou kry
ons dit 4 ure later.)
Van hier ry ons met die allerlieflikste lift (hout uitgevoer
van binne, soos trouens ook die trems) op pad na die ruïne wat ons die vorige
dag vanaf die Castillo Sao Jorge gesien
het, en toe geblyk het om die argeologiese museum te wees. Weer eens ‘n
hoogtepunt. Ek het ‘n poskaart vir Judy gekoop.
Die museumgedeelte was maar klein – Portugal het mos omtrent
met die aarde gelyk geword ten tye van die een of ander aardbewing. Tog was die
murasie van die katedraal uit en uit die moeite werd. Die blouste blou lug
midde die serene koepels – duiwe wat vlieg – stilte midde die stad. ‘n
Amper-heilige oomblik wat baie vir my siel beteken het.
Ek was weer eens sput dat ek nie my kamera gehad het nie,
maar noudat, ek dink, ek my vorige film verloor het, is ek nie baie lus om
foto’s te neem nie.
Van hier gaan kry ons ons paspoorte (wat heel geldig lyk,
hoewel ek steeds dink die beampte het ons geld gesteel.)
Toe gaan ons Rossio-stasie toe – ‘n totale Art Nouveau
stasie, as daar ooit ‘n Art Nouveau stasie gebou is. Ons besluit sommer op ‘n
treintrippie na Sao Martinho do Porto – ‘n rustige klein dorpie aan die kus,
met mooi strate en dié klas van ding waarna ons so smag.
Dit was weer eens ‘n oorhaastige besluit van my en Esmari
want ons het nie mooi gelet op die treine wat terug kom Lisboa toe nie – en dit
blyk toe dat ons weer gevaar loop om die Bus 43 te mis – presies soos die
vorige aand.
Sao Martinho do Porto was egter elke risiko die moeite werd.
Die stasie was klein – moer klein – en dit het gelyk of ons myle van die see af
is. Dit was toe nie so nie – eerder so ‘n baai, presies soos Dr Buchel se
skildery wat in Jac-hulle se sonkamer hang.
Ons spandeer ‘n lieflike agtermiddag hier, loop deur n
tonnel, sit op die rotse, loop deur die dorpie, besoek die kerkie, en SOEK ‘n
eetplek wat betyds oopmaak – iets wat ons toe nie kry nie.
Ons koop toe maar 1 bier, 1 bottel wyn, ‘n gaar hoender, 2
porsies tjips en ek koop knoffelsous. Dié eet ons die aand op die strand. (Aand
is dalk misleidend – onthou dit word eers 22:00 donker.
Ons skiet terug Lisboa toe en HOL vir Bus 43 wat ons toe
net-net betyds haal. As ons nie gehol het nie, het ons die laaste bus beslis
verpas.
Trein reverse.
5 Mei - 21 jaar verder
Die kloosterruïnes in Lissabon
5 Mei - 21 jaar verder
Van hierdie
dag is daar heelwat waarvan ek niks onthou nie. Baie ander van hierdie dag onthou ek weer baie
goed.
Dit wat ek amper die duidelikste onthou, dit wat ek die laaste 21 jaar die meeste in die herinnering geroep het, word nie eers juis in my dagboekinskrywing genoem nie – dit word trouens in slegs twee skamele woordjies, amper as kantaantekening, net vermeld.
Dit wat ek amper die duidelikste onthou, dit wat ek die laaste 21 jaar die meeste in die herinnering geroep het, word nie eers juis in my dagboekinskrywing genoem nie – dit word trouens in slegs twee skamele woordjies, amper as kantaantekening, net vermeld.
Ek verwys na
die laaste twee woorde van die dagboekinskrywing: “trein reverse”.
Op daardie
lieflike middag van 4 Mei 1994, had ek en Esmari ‘n hele treinwa vir onsself,
al die vensters wat oop en die wind het met die gordyne gespeel. (Ja, in
Portugal en Italië, had sommige treine daardie jare nog gordyne wat soos
badkamer- en kombuisgordyne kon wapper van die wind.) Ons was dronk van die
vars seelug, die sonskyn, die landskap en die wind.
En die
volgende oomblik stop die trein, in die middel van nêrens – kyk ons links uit,
is dit net blond en blou, veld en lug, selfs sonder ‘n enkele voël in vlug; kyk
ons regs uit, is dit dieselfde.
Toe trek die
trein met ‘n ruk weg, maar in presies die teenoorgestelde rigting as waarheen
ons op pad was.
As ‘n trein ratte soos ‘n kar het, dan het die masjinis die trein in trurat gegooi, en daar gaan ons terug na vanwaar ons gekom het.
As ‘n trein ratte soos ‘n kar het, dan het die masjinis die trein in trurat gegooi, en daar gaan ons terug na vanwaar ons gekom het.
Na ‘n wyle
stop ons by ‘n halte, ook nie ‘n halte nie – eerder ‘n haltetjie. Ek dink nie
eers die Karoo had ooit so ‘n klein kolletjie in die middel van niks wat as ‘n
halte bekend gestaan het nie.
Ek weet nie of die trein (of dan nou die man aan
stuur van die trein) vergeet het om te stop en toe bang was dat hy iemand (of ‘n
melkemmer) gemis het nie, maar na ons ‘n minuut of wat gekyk het hoe absoluut niks
gebeur nie, is ons toe verder – hierdie keer darem weer in die rigting waarheen ons op pad
was.
Toe ek herbesoek aan Lissabon begin bring het, het die hysertoring my weer dadelik opgeval, soos destyds, dag een, 21 jaar gelede. Maar as jy vir my gesê het dat ek dag twee van ons besoek aan die stad in einste hysbak op is, het ek vir jou gesê dat jy lieg. Ek onthou daar dan niks van nie. Ek het selfs gesoek vir foto’s van die ding se binnekant – om te kyk of dit van hout is. Ek gaan seker maak dat dit die hysbak is wat ‘n mens by die klooster uitbring – en, ja, dit is.
Toe beleef ek hom weer, asof vir ‘n eerste keer, saam met goeie internetvriend (ons is nou al selfs Facebook-vriende), Vic Stefanu:
Ek moet dan tot my skaamte erken dat die lieflike klooster óók by my geen klokkie lui nie.
Wéér (2016) het dit dadelik ‘n diep indruk op my gemaak, ek is daardeur aangegryp – en toe lees ek, op dag twee van my destydse besoek, was ek inderdaad daar. As die dagboek so sê, dan is dit seker so. Ons kon tog nie soveel wyn gedrink het dat ek dagboekinskrywings versin het nie.
Ek het Julie-vakansie deur oorle’ Judy se een trommel gegaan en op my briewe en poskaarte uit Europa aan haar afgekom. Desembervakansie dan vat ek dit aan – miskien kom ek nog af op die poskaart wat ek noem ek gekoop het. Soos wat die Karmeliete klooster vandag nog getuie is van die destydse aardbewing, sal die poskaart verdere getuie wees dat die dagboek nie onsin praat nie.
Sao Martinho do Porto, en die treinrit daarheen, is weer kristalhelder in my ingeprent.
Danksy my krabbelskets op die laaste bladsy van die dagboek kon ek die kerkie waarvan ek praat gou opspoor. Dit blyk toe geen kerkie te wees nie, maar ‘n kapelletjie wat opgerig is om almal op see te beskerm.
Na die teleurstelling van Engeland en Holland se see – dit het herinner eerder aan Baberspan in die Wes-Transvaal as aan enige iets aan die wes- of ooskus van Suid-Afrika – onthou ek soos gister hoe wonderlik dit vir my was om weer see te kon sien soos ek see leer ken het.
En dan verwys ek nie na die baai self nie, ek verwys na die stukkie see wat ons rondom hoogwater vanuit die tonnel se bek kon beleef. Ek onthou dat dit my selfs bang gemaak het.
Aan die anderkant, in die baai self, was dit pure Baberspan. Ek het elkeen van die strand se foto’s gekies omdat dit presies is soos ek dit onthou.
Wyn en bier, ‘n gare hoender en tjips met ‘n lekseltjie knoffelsous het nog nooit weer so lekker gesmaak soos daardie aand op die strand nie.
Laslappies en skakels
Sao Martinho do Porto